Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
37 views

Show, don't Tell

Page 1
posts 1–1 of 1
superstar - founder
993 posts

Is 'n merkwaardige konsep - in die lewe self. Dit word meestal gebruik as raad vir "skrywers". Hoe skryf jy oortuigend? Dat die woorde lewendig word op papier en in die lesers se verbeelding. Maar dit werk presies net so in die lewe.

'n Mens kan baie dinge met woorde maak. 'n Leser sal byvoorbeeld in 'n storie vinnig optel dat 'n karakter onbetroubaar is as hy/sy een ding doen en 'n ander ding sê. Soms is dit so bedoel - dit is soos die karakter is. Soms is dit die onvermoë van die skrywer. Die karakter bly "dood" - bloot 'n marionet vir die poppemeester.


Ek het vrede met wat mense sê - ek wil weet wat hulle doen. Doen hulle wat hulle verkondig? Dis in die politiek so - maar dis orals so! "Politiek" is maar net 'n aspek van menswees.

Ek sal nie 'n dieet volg van iemand wat dit duidelik nie self kan volg nie. Of 'n boek koop oor hoe om geld te maak ... Want dan is die manier om geld te maak ... om 'n boek te skryf hoe om geld te maak ..! Hoekom gebruik hulle dan nie hulle wonderlike metodes hoe om geld te maak nie?

Is daar 'n diskrepansie tussen wat mense sê en hulle doen? Is daar dan gebrek aan integriteit? Integriteit kom van die Latynse woord integer - wat "heel" beteken. Deesdae ook 'n Wiskunde-term.

En so. Baie woorde. Wie is "heel"? Niemand. Liewers stories. Stories gaan oor grense. Stories "bedoel" nie - hulle is net. Dikwels vra mense wat het ek "bedoel" met 'n storie. Ek het niks "bedoel" met 'n storie nie. Dis net 'n storie. Elkeen wat dit lees kan dit interpreteer soos hy/sy wil. Dis net 'n storie. Daarom ken stories nie grense nie. Want hulle is net. Hulle "praat" soos mense interpreteer. Nie "regte" of "verkeerde" interpretasies nie. Stories is spieëls. Wat sien mense? Wat hulle sien.



En so, leef ons. Die beste wat ons kan. Met die beste ook vir ander. 

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now