Ek lees nou Crito se blog. Dis uiters cool.
Ek probeer praktiese planne beraam om boeke self uit te gee. Ek leer en ek sal deel wat ek leer. (Hoe meer inligting ons kan deel - hoe meer het ons!) Ek het niks teen resensies nie! Ek was gelukkig sover dat ek meestal "goeie" resensies gekry het. Wel een keer, was ek uiters vies (eufemisties gestel) toe 'n resensent "Ek is Simon" (prenteboek by Tafelberg) afgekraak het tot in die grond - (die teks was arm en yl ens ens, in die se opinie, maar gelukkig vir die boek het die illustrasies (dankie Vian Oelofsen) daarvoor opgemaak ... Oooo okay. vies was ek beslis. Maar nou ja - dit was die opinie. NS. 'n Jaar later het dieselfde "yl teks" die MER vir Simon gewen ... Alles is relatief?
Maar dis baie cool as resensente hulle kennis deel van iemand soos Peter Blum byvoorbeeld. Die agtergrond ens gee.
Maar phew - as mens self uitgee en lyk my mens moet ten minste (?) 20 (?) eksemplare gratis verskaf aan die media ... gaan dit nogal 'n pakkie kos! En dit - vir "publisiteit"? Uitgewers kan dit seker bekostig. Ek kan nie. "Publisiteit" op ander maniere opklits? Dalk makliker vir my as vir ander, want ek is reeds 'n gepubliseerde skrywer. Jinne ons. Tameletjies al die goed. Maar ek loop nou daai pad en sal deel wat ek kan.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member