Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
Page 1
posts 1–1 of 1
superstar - founder
993 posts

Netwerke soos Facebook, Twitter, blogs (!), Linkedin ens is die "inding" in hierdie dae. Mense "praat" met mekaar so, op baie maniere. Een mens kan so met baie praat. Baie mense kan so praat. Die wêreld het "klein" geword. Nuus kan amper oombliklik orals kom. En tog is mense eensaam. (miskien soos altyd?) Ons kan met mense op enige plek in die wêreld praat - en jy praat dalk nie met die mens langs jou nie? Maar daar is nie regte en verkeerde maniere nie - Ons doen so goed as wat ons kan en gun dit ook vir ander. 

As iemand 'n storie het om te skryf (vertel) kan jy op 'n seepkissie in die park dit verkondig, vir ander mense om 'n vuur vertel of jy kan 'n boek skryf. Die woorde in die boek moet nagegaan word vir leesbaarheid (taalversorging) ens ens. Dit moet gedruk word, versprei word, gekoop word, gelees word. 'n Hele netwerk mense is betrokke.

Dis met alles so. Niemand van ons kan totaal geissoleer leef nie. Selfs 'n kluisenaar in 'n grot, het êrens vandaan gekom. Ens Ens. Iemand moet die stories vertel , iemand moet die vuilgoed wegry, iemand moet die kos maak, iemand moet die plante natgooi ens ens. Eindelose "rolle" wat mense vervul.
Die punt (of vraagteken, komma of aandagstreep) van my gedagtes nou, met die see nog steeds in my ore, die sand nog in my klere - heerlike wonderlike naweek in Vermont gehad - is - 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen. Hierdie Martie-haas, ja. Maar elkeen van ons. Watter "rol" ons ookal vervul in die lewe. Soms moet mens iemand kwaad maak ... sodat .. ('n storie?) En 'n "stukkende" konneksie dra dalk nie die boodskap suiwer oor nie, maar met 'n gekraak en 'n gesuis ... en is dit nie dalk die boodskap nie?

Maar prakties altyd. Ek is goed met moontlikhede. Ek kan hulle uitkrap. Ek weet nie wat is "reg" en "verkeerd" vir ander nie. Elkeen loop die eie lewenspad. Ek kan moontlikhede oopkrap. En die lewenspaaie van "karakters" stol soms en word stories.

En dis waar ek nou my kop gaan toetrek en die 2 (&*(*) boeke klaarmaak, afrond, stol, so goed as wat ek kan. Die storiemaakkursus - vir almal met 'n liefde vir stories. En die *&^% roman met die&^%$ se karakters in wat my in die nag wakker gehou het om hulle stories neer te skryf. Want die 2 &*^%$ se boeke moet nou klaar en UIT my huis, sodat ek na ander dinge, plekke en mense kan kyk :) Anders sal ek sweerlik vir altyd hier sit en poer-poer op die tekste en dan hierdie woord verander en dan daai sin.  

Stukkie uit die storiemaakkursus: Die land van stories © Martie Preller

Vir wie is hierdie boek bedoel?
Hierdie boek is bedoel vir mense wat graag wil skryf en probeer publiseer. Hierdie boek is ook bedoel vir mense wat die lewe of hulle lewens, gedagtes, keuses, dade, gevoelens, besluite, ensovoorts wil verken op ‘n storiemanier.


Waar is die land van stories?
In ons. In elkeen van ons. Fiktiewe/verbeelde stories kom uit ons uit! Ons lewens is ook stories. Die mens is ‘n storiemakende wese. Van die ou-ou tyd af probeer hy/sy sin maak van sy omgewing en van wat gebeur en van homself deur stories/verhale te vertel. Stories is orals rondom ons. Daar is stories in: ‘n vrou wat by ‘n venster uitstaar, ‘n kind wat heen en weer en heen en weer swaai op ‘n skoppelmaai, ‘n bos rose in die middel van ‘n snelweg, ‘n stukkende horlosie op die sypaadjie onder ‘n hoë woonstelblok. Elkeen van ons sal ‘n ander storie kan skryf oor hierdie storie-stimuli.


Alledaagse “magic”
Om storie-soekend deur die lewe te gaan is vir my ‘n belewenis van wat ek noem “alledaagse magic”. “Magic” in die sin (betekenis) van verwondering. Miskien is dit die rede hoekom ek tot dusver hoofsaaklik vir kinders geskryf het, wat dalk nog meer vatbaar is vir verwondering. Wanneer ons ouer word, raak ons dikwels sinies en ontnugterd. Die lewe is maar soos dit is, met al sy dinge, maar afhangende hoe ‘n mens daarna kyk, kan jy dalk ander moontlikhede sien. My wens is dat jou ervaring met hierdie boek vir jou moontlikhede van jou eie sal oopmaak.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now