Ek wil die volgende deel: Dit gaan oor Eendag was daar 'n storie ..(Tafelberg 2003) Net vir die agtergrond: Hier is nog 'n stukkie uit Die Land van stories
Vir wie is hierdie boek bedoel?
Hierdie boek is bedoel vir mense wat graag wil skryf en probeer
publiseer. Hierdie boek is ook bedoel vir mense wat die lewe of hulle
lewens, gedagtes, keuses, dade, gevoelens, besluite, ensovoorts wil
verken op ‘n storiemanier.
Die kursus is gestruktureer rondom my siening van die storiekern as die mees eenvoudigste storielyn (Dag 11).
Ek het van 2000-2002 ’n internetstorie-maakkursus aangebied. Van
2000 tot 2004 het ek ook veertien een-dag-storiemaakwerkwinkels
aangebied. In 2003 het Tafelberg uitgewers ‘n skryfhandleiding Eendag was daar ‘n storie - 'n praktiese storiemaakkursus uitgegee.
Die oplaag is uitverkoop. Ek het die teksregte weer bekom en besluit om
dit oor te werk en self uit te gee. Ek het soveel nuwe skryfervaring
opgedoen sedert 2002 toe ek Eendag geskryf het, dat ek gevoel het dat ek dit ook wil dit deel, net soos ek destyds Eendag se inhoud wou deel.
Ek dink ons almal se lewens kan net verryk word as almal deel wat
vir hulle spesiaal is. Stories is vir my baie, baie spesiaal. Ek
probeer altyd vernuwend doen want anders loop ‘n skrywer altyd die
gevaar, veral as hy/sy baie boeke geskryf het, dat ‘n mens begin om
stories te herhaal, net met ander karakters en milieu. Die benadering
en inhoud van hierdie boek is dus baie anders, soos wat lesers wat Eendag onder hande gehad het, sal agterkom. Ons leef elke dag. Ons reis verder.
******
Okay - wat gebeur het met 'n resensie van Eendag wat
in die Burger verskyn het - daarin was Marina le Roux heel waarderend -
maar ook onder andere genoem dat dit gelyk het asof ek nog nie "my
stem" gekry het nie. Dit het my baie verwar. Wat beteken dit? Ek wou
juis "my" stem nie te dik aanmaak nie, want netnou klink ek soos 'n
know-all :) Wat ek nie is nie. Ek weet net bietjie - dit wat ek weet!
Toe het ek baie "stemme" in die vorm van aanhalings ens ingesit.
Maar haar aanmerking het bly vroetel êrens - asof dit nog iets wou sê.
Toe ek Land van stories skryf kliek ek meteens - wat ek dink sy bedoel het - ek weet nie of sy het nie! maar ek kon dit interpreteer uit my raamwerk en toe voel dit vir my Eendag was dalk effe verwarrend met die "baie stemme". En Land van stories is nou suiwer "my stem" (met hier en daar 'n byverwysing). Ek weet mos ek is nie 'n know-all nie :) maar ek IS darem 'n veelbekroonde skrywer met flippen baie publikasies (hie hie) Dus weet ek van stories. Al weet ek dis op 'n manier ook "luck" as 'n boek op die "regte" tyd (wat geen mens weet wanneer dit sal kom nie) die mark en die beoordelaars van pryse tref. Maar mens kan nie "lucky" wees as daar nie 'n boek is nie! En daardie leeslyste van gewilde boeke wat mens dikwels sien het heelwat "bekroonde" boeke daarop.
Sjeee - sien hoe vol twyfels is ons - is ons goed genoeg? En bla bla. Goed genoeg vir wie of wat weet ek nie - maar net dat mens net jou beste kan gee. (want hulle kap 'n boom af om jou boek te publiseer!) Land van stories is "my" stem. Die roman is NIE my stem nie en moet dit ook nie wees nie - al is die skrywer een van die storiebestanddele, soos ook milieu, karakters ens. Maar meer daaroor in Land van stories - 'n praktiese storiemaakkursus.
So we live and learn. Dankie Marina! Ek het geleer. Altyd snaaks vir my dat ons praat van leerders en studente en daarna? :) Mens leer dan nog steeds non-stop - eintlik dalk meer as destyds! En kinders is wonderlike "leermeesters". Na Babalela se sukses, word daar toe 'n opvolg gesoek. Maar WAT? Babalela is nie eintlik spraaksaam nie ... doen ook nie eintlik veel behalwe as iemand hom pla nie ... en toe vertel iemand vir my haar kleintjies wou weet: WIE BLY NOG IN DIE BOS? En ooo wow - ek hop op en af! DIS die "regte' vraag wat 'n storie as "antwoord" kry - en daar kom "Diep, diep in 'n donker bos" - die Babalela - opvolg.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member