Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
135 views

The Book Thief - Markus Zusak

Page 1
posts 1–7 of 7
superstar - founder
993 posts

Ek het The Book Thief op aanbeveling van 'n klomp mense wie se leessmaak so ongeveer soortgelyk is aan myne, gekoop.

Ek het die boek al twee maal begin lees, en kon nog nie juis vat kry daaraan nie. My afsnypunt vir 'n boek is gewoonlik p50, as ek na 50 bladsye nog nie kon vat kry daaraan nie, dan sit ek die boek neer en beweeg aan.

Nou bespreek ons Leeskring The Book Thief hierdie maand, en uit respek vir die spreker, glo ek daaraan om 'n boek ten menste te lees. Maar ek trek al op p90, en hy gryp my steeds nie.

Help my hier, inspireer my. Waarom moet ek aanhou?

Gebruik sommer hierdie skakel om die boek by Kalahari te koop, om self te oordeel.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
118 posts

MaanKind, en ek was dan so mal oor die boek! Dit was my beste, beste boek vir 2008. Ek het hom al vir baie mense geleen en my arme boek het nou al haasore en 'n oopgebuigde rugstring.

Wat ek veral daarvan gehou het is die ongewone invalshoek. Dat die dood die verteller is. Ek was mal oor die definisies, opsommings, sinonieme, ens. wat die skrywer elke nou en dan tussen-in gesit het.

Daar is meer as een uitgawe en ek het later gesien dat ek die tienerweergawe gekoop het. Miskien het die ander een nie die definisies in nie?

Iemand soos jy wat so lief is vir lees en wat Boekemakranka gestig het, behoort beindruk te wees deur hierdie deel uit die lokteks:  ". . . The Book Thief is a story about the power of words and the ability of books to feed the soul."

Aan die ander kant - niemand behoort verplig te word om iets te lees waarvan hulle nie hou nie. En smaak verskil.

Bank liewer die Leeskring. :)

__________________
Annemari
superstar - founder
993 posts

Jong nee, ons kry iemand van 'n ander Leeskring wat die boek kom bespreek, en mens moet respekte betoon, deur ten minste ingelig te wees. So ek gaan hom net vinnig deurwerk, so iets tussen lees en vluglees.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
118 posts

Doen dan maar daardie vluglees ding. Wat ek ook met my leeskring ervaar het, is dat ek partykeer niks van die boek hou wat ons bespreek nie en dat ek dit bra langtand lees. En dan kom die spreker en maak die boek vir 'n mens letterlik "oop" met so 'n entoesiastiese aanbieding dat ek nie kan wag om dit weer  te lees nie.

Ek hoop dit wag vir jou met The Book Thief!

__________________
Annemari
superstar - member
291 posts

Maankind, as ek jy was, sou ek beslis die bespreking bywoon. Kan jy onthou toe ek ook nog daar was, was daar by ten minste twee geleenthede boeke bespreek, deur mense van elders. Die een boek het ek nie gelees gehad nie maar wel die fliek gesien, die ander een, het ek wel die boek gelees maar was nie beindruk nie. Na die besprekings deur kenners, het ek met heeltemal ander oê na die boeke gekyk en besef wat ek alles misgeloop het.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
novice - member
15 posts

Skoonma storm meer as gereeld hier in, boek in die hand en 'n oortuigende "jy moet lees".  Ek deel jou sentimente re The book thief.  So ook A thousand splendid suns.  Soveel as wat ek uitgesien het daarna, so min het ek die pad kon loop met die storie ....

superstar - member
291 posts

Cerneels, mens durf nie Splendid Suns in dieselfde asem as the Book Thief noem nie -:)

Ek dink dat Splendi Suns uitstekend was maar, ek sal toegee dat dit moontlik vanuit 'n vrou se oogpunt so is.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
Page 1
posts 1–7 of 7

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now