Martie Preller vervolg. Gaan lees haar blog vir ander se kommentaar, wat net so waardevol is.
| Skryf en publikasie - my perspektief |
| 10:14, Vrydag, 20 Mar, 2009 |
| Na aanleiding van Leon en ander se vrae spesifiek oor die bedryf: dis alles vrae wat ek ook beantwoord wou hê toe ek begin skryf het in die 1990's. En niemand wou vir my sê nie! Ek het een keer (effe desperaat) vir 'n uitgewer gebel en gevra watse soort stories soek hulle? Daar was 'n effense stilte - toe antwoord sy: "Stories wat werk" - en ek was terug by blokkie een! :) Ek het later besef daar is nie "reëls" nie - eintlik net soort van commons sense reëls. So veel as moontlik oplees en navorsing en lees, natuurlik, bring vir jou jou eie antwoorde. |
Hoe bied mens 'n manuskrip aan:
Belangrikste
is dat dit maklik lees vir die moeë oge (waarskynlik) van die keurder
of redakteur. Ek onthou toe ek skoolgehou het - mens wil objektief wees
- maar as 'n vraestel of opstel amper onleesbaar geskryf is en propvol
opsigtelike foute - beinvloed dit mens! Dit maak jou grumpy ... Maar
dit weet jy, ek is seker!
- Dus - gewoonlik dubbel spasiering, genommer ens ens - dit staan orals op die internet - dis op 'n manier "common sense" ook. Verbeel jou jy is 'n editor ... (dan is daar dalk 'n ander storie ook vir jou ...) (Daar is orals stories - ons leef in die Land van stories!) Skryf kort briefie by net om jouself bekend te stel ens- wag en verneem weer as jy niks hoor nie ens ens.
- So goed as moontlik "foutloos" wat spelling ens betref (maar moenie fortuine betaal om dit te laat taalversorg nie - want dalk word dit nie aanvaar nie en dalk verander alles nog weer!) Probeer net jou bes.
- Geen illustrasies - illustrasies in boeke is meer as net mooi prentjies - dis 'n hele kunsvorm op sy eie. Dis die uitgewer se werk om jou teks met illustrasies uit te gee. Hulle vat die risiko. (en jy hoop en bid ...) Onthou ook dat boeke wat illustrasies bevat se TEKS totaal en al die storie moet vertel - sonder illustrasies! Baie prenteboeke word voorgelees aan klasse! Dan kan almal nie met elke bladsy die illustrasie sien nie. Illustrasies is net bykomende magic.
- Tantieme: ek weet nie of julle bewus is nie. Skrywers kry afhangende van watter uitgewer 12% van elke boek wat verkoop word se prys wat dit in die handel beskikbaar is sonder BTW. Ander uitgewers: 15% van die prys wat die handelaar (boekwinkel) betaal vir daai boek - dis gewoonlik so om en by 40% minder as waarvoor die boek verkoop word.
- As daar illustrasies in die boek is, deel die skrywer en illustreerder die tantieme. Soms word die illustreerder 'n lomp som betaal en daardie geld word dan afgetrek van jou 12 of 15% totdat alles betaal is en dan kan jy dalk die hele tantieme kry - teen daardie tyd moet die boek al waarskynlik in 'n volgende druk wees - wat raar is vir meeste boeke - en nog meer raar vir prenteboeke.
- Let wel - skrywer word een maal 'n jaar (sommige uitgewers) of 2 maal 'n jaar betaal - slegs vir boeke wat VERKOOP is.
Wat is 'n storie wat "werk"? "n Boek "werk" tog seker as baie lesers dit wil lees? Wat lees mense?
'n Mens kan kyk na boeke wat nou gepubliseer word - maar daardie boeke is KLAAR daar - wat kan jy bysit wat nuut en oorspronklik is? WAAR kry jy dit?
Dis waaroor my boek gaan - om 'n storie te skryf wat 'n storie is (party vertellings is nie stories nie!) 'n Storie laat 'n leser BLADSYE omblaai - 'n storie laat 'n leser wonder WAT GAAN NOU GEBEUR? Dit hoekom ek dit nie 'n skryfhandleiding noem nie, maar 'n storiemaakkursus. Ek hou van stories! Meeste mense hou van stories!
Die bedryf
Ek dink almal probeer op 'n manier hulle ding doen. Dalk nie orals
ewe suksesvol nie. Feite is - daar is min mense wat Afrikaans praat!
(relatief gesproke) Feit is ons het nie 'n leeskultuur nie - Ons kan
stry en baklei en baie praat hieroor - maar praat skryf nie boeke nie,
praat maak nie boeke nie, praat verkoop nie boeke (wel - dalk soms! :)
)
Wat ek dink:
Ek het 17 jaar gelede oor die afgrond
gespring en besluit ek wil vryskutskryf. Hier is ek nog. Deur die
genade. My enige inkomste is wat ek skryf. Ek is dol oor stories-maak.
Ek dink dis hoekom ek hier is (darem seker paar ander redes ook) So
hier, as jy wil skryf, bevind jy jou in die situasie soos dit is. Die
wêreld is nie volmaak nie, soos ons almal maar te goed weet. Maar binne
die strukture kan mens en mag mens voortgaan - as dit jou droom is. Ek
het oorleef (let wel die keuse van die woord) omdat ek soveel
verskeidenheid goed geskryf het. Ek hou ook daarvan - van
verskeidendheid - dis hoekom ek nou 'n volwasse roman geskryf het.
Ek bekommer dat ek dalk vroeg seniel gaan word en nie meer kan skryf nie. My kinders (die liewe goed ...) sê ek hoef nie te bekommer nie, want niemand sal dit agterkom nie .. aangesien ek nog altyd so was - en as ek nie meer weet wat ek doen nie, sal ek waarskynlik (aldus hulle) my beste werk ooit skryf en hulle sal sorg dat dit gepubliseer word ... :) :) Die liewe goed!
Dus - kry inligting oor wat jy benodig -
dis orals. Doen jou ding, as jy moet. Drome word op die ou einde op
vreemde en onverwagse maniere waar. Ek het 'n stuk op my webwerf oor
hoe my droom van 'n deurlopende leesreeks vir kleintjies (as 'n mens 'n
taal wil "red" of "bewaar" begin mens nie by die KLEINTJIES van die
spesie nie ...? Dis mos die lesers van more?) waar geword het nadat ek
LANKAL moed opgegee het.
Maar in alle geval - natuurlik en altyd: 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen!. :) :) .
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member