Martie Preller gee uitstekende raad op haar blog:
Hieronder volg Leon se vrae en my antwoorde. Dit is dinge waaroor voornemende skrywers wonder, maar dit is ook deel van "om te wil skryf" om jou eie navorsing te doen en inligting te vergader, want dit hang af watse boek jy wil skryf. En wie weet - dalk bring jou navorsing nog vir jou 'n ekstra storie of twee! Daar is onder andere wenke vir voornemende skrywers op LitNet!
Dis altyd goed om vir kompetisies in te skryf, want dan weet jy jou manuskrip gaan aandag kry en dalk wen jy!
Watter uitgewers gee watter tipe boeke uit?
Voornemende
skrywers moet dit self navors. Om 'n boek te probeer publiseer is om
soos enige "besigheid" te begin - want 'n gepubliseerde boek is op die
ou end 'n "produk" wat verkoop word.
Wie moet jy by die uitgewery kontak om na jou manuskrip te kyk?
Gaan kyk op hulle webblaaie - daar is dikwels inligting hoe om te werk te gaan.
Vanuit 'n tegniese oogpunt, in watter formaat moet die manuskrip wees as
jy dit ingee?
Gaan kyk op hulle webblaaie - daar is dikwels inligting hoe om te werk te gaan.
Wat is die proses vandat jy jou manuskrip ingee tot dit op die rak
verskyn?
Indien die manuskrip aanvaar word, sal jy waarskynlik 'n keurdersverslag (verslae) ontvang en weer aan die manuskrip moet werk totdat almal tevrede is (jy ook!) Daarna is dit oor in hulle hande: taalversorg en geredigeer word, illustrasies bykry as dit moet, uitleg ens. Jy sal bladsyproewe kry om te tjek voor alles gefinaliseer word. Kan 'n jaar of langer neem!
Hoe werk die kontrak tussen die skrywer en die uitgewer, wat is
standaard, wat is nie-onderhandelbaar nie, is daar riglyne?
Elke uitgewer het sy eie kontrak. Dit is maar soos enige kontrak. Jy kan stry en onderhandel as jy wil.
Hoeveel kos dit om een eksemplaar van 'n boek te druk?
Hang
af hoe dik en hardeband/sagteband, hoe groot die papier ens ens. Daar
is orals inligting op die internet en artikels en boeke oor
selfpublikasie.
Hoekom is boeke soveel duurder in SA as in Europa en die VSA?
Ek weet nie! Is ander artikels ook duurder? Miskien is ons boekebedryf nie so groot nie?
Hoeveel boeke verkoop gemiddeld in SA? Wat is baie boeke, wat is min
boeke?
Gewone
oplaag boeke (in my ervaring) is so 3000. NB het jare gelede vir ons by
'n skrywersvergadering gesê iets soos (ek kan nie presies onthou nie -
maar dit was skrikwekkend) 85% van titels verkoop minder as 2000.
Hoekom vat dit so lank vir 'n uitgewer om na 'n manuskrip te kyk?
Ek dink hulle is toegegooi onder manuskripte en baie ander werk. Om boeke te redigeer ens is baie presiese werk en vat enorm baie tyd. Ek dink hulle is min (omdat dit nie eintlik 'n winsgewende bedryf is nie) en die werk is baie.
Moet ek my manuskrip vir meer as een uitgewer gelyk stuur?
Nee.
Een op 'n slag. Jy bied dit vir hulle aan vir publikasie - dit werk nie
soos met ander goed met die "hoogste bod" kan dit kry nie. (I wish :)
Wat van illustrasies en tekeninge, moet dit voor die tyd of in
samewerking met die uitgewer gedoen word?
Dit uitgewer besluit self oor illustrasies - het niks met die skrywer te doen nie.
Skrywer stuur net die teks. Maar daar is ook riglyne hieroor op uitgewers se webblaaie.
Wat is die verskil tussen die uitgewer en die drukker?
Uitgewer doen alles aan die boek (redigeer, taalversorg, illustrasies, uitleg ens) en drukker druk net wat hulle vir hom gee.
Watter kwaliteit en tipe papier vir die bladsye?
Weet nie - hang af wat jy kan bekostig. Drukkers sal weet. Daar is inligting op die internet.
Watter kwaliteit en tipe omslag?
Weet nie - hang af. Drukkers sal weet. Daar is inligting op die internet.
Watter font vir die kopie?
Hang af vir wie die boek bedoel is! Kyk voor in boeke watter grootte font gebruik is. Dit staan gewoonlik daar.
By wie berus die kopiereg?
By die skrywer. Uitgewer betaal jou tantieme omdat hulle jou storie gebruik.
Wat van volgende oplae van dieselfde boek?
Uitgewer se besluit. Hulle vat die risiko om uitgawes aan te gaan om die boek te druk.
As iemand 'n boek vir my publiseer, moet/gaan hulle ook die volgende
boek doen?
Hang af - as hulle reken dis nog 'n publiseerbare boek, ja.
Hoe werk die promosie van 'n boek?
Geen idee nie. Dis uitgewers se afdeling. As jy dit self uitgee, moet jy jou eie planne beraam.
Hoe "reël" jy dat 'n boek geresenseer word?
Ek dink jy stuur kopieë van jou boek vir koerante ens.
Is dit die moeite werd om 'n boek op die internet te probeer bemark deur
blogs of 'n webblad?
Ek weet nie. Hang af van wat jy wil bereik. Ek hoop so - want dis wat ek gaan probeer doen! :)
Wat van e-boeke?
Lyk nie vir my of dit baie aftrek kry nie -ek weet nie - dalk met hierdie nuwe "kindle" ding waarmee jy e-boeke kan lees. (ek dink dis die naam?)
Waar kry ek 'n ISBN nommer?
Daar is adres op die internet waarheen jy moet e-pos.
As ek self publiseer, wie gaan die redigering en taalversorging doen?
Jy sal iemand moet kry. Hoe? Ek weet nie. Vra rond. Vind uit.
Moet ek al hulle kommentaar in ag neem?
Met
my eerste boek by Tafelberg het destyds redakteur Louise Steyn vir my
gesê ek moet net van kommentaar vat wat vir my sin maak. Die raad het
vir my sin gemaak :) Daar is 'n stuk daaroor in
my storiemaakkursus boek - hoe om kritiek en kommentaar te verwerk.
Wat kom op die agterblad, die blurb, voorblad?
Net wat jy wil - as dit jou boek is.
Moet daar 'n inhoudsopgawe en indeks wees?
Is een nodig?
Hoeveel bladsye is "goed" vir watter tipe boek?
Doen navorsing oor die genre waarin jy belangstel.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member