Stem saam, as jy die boek gelees het, vermy die fliek. Jy is altyd teleurgesteld. Selfs met Lord of the Rings - wat vir my uitstekende rolprente was - was tog in 'n mate teleurstellend, want daar is dinge uitgelaat wat sentraal tot die ontknoping van die verhaal is.
Wat ek ook doen, is om 'n fliek wat op 'n boek gebaseer is, en wat ek nog nie gelees het nie, te wag tot ek die fliek gesien het. Die fliek is dan 'n wonderlike aanvulling vir die boek, maar gewis die anders om nie. Die enigste uitsondering op die reël was die film weergawe van All the President's Men van Bob Woodward en Carl Bernstein - as jy nie die boek vooraf gelees het nie, het die fliek nie eintlik veel sin gemaak nie.
Vir diegene wat die Woordfees gaan bywoon, geniet dit. Ek is baie jaloers dat ek nie daarby kan uitkom nie - so laat weet wat alles gebeur het.
****Onthou net - Dinsdagaand se Leeskring op RSG word direk vanaf die Woordfees uitgesaai en daar word 'n onderhoud met Hennie Aucamp gedoen. Moet dit nie mis nie!!
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member