Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
94 views

Triomf

Page 1
posts 1–4 of 4
superstar - founder
993 posts

Daar is mos maar altyd die ding van Die-Fliek-Na-Die-Boek. Meeste mense is teleurgesteld as hulle eers die boek lees en dan die fliek sien, so asof 'n mens elke nuanse van wat jy in die boek raakgelees het ook in die fliek wil sien.

Marlene van Niekerk se Triomf moes 'n ontsettende uitdaging gewees het om te verfilm. Ek is nie seker of ek die fliek wil sien nie, ek is só bang dit gaan die boek vir my bederf. En dan het ek vir baie jare kortpad gesny deur Triomf op pad Rosebank, of Braamfontein toe. En elke keer, al die straatname en ander bakens raakgesien. In Jan Hofmeyr het ons gereeld kos en klere gaan aflewer, ek ken dit aldus. Dit alleen, en die feit dat Lionel Newton net nie vir my soos die Treppie in my kop lyk nie, gaan maak dat ek te krities na die fliek gaan kyk.

In vandag se By is twee artikels oor die fliek, gaan lees gerus.

http://www.dieburger.com/Stories/Features/By/19.0.1357735562.aspx
http://www.dieburger.com/Stories/Features/By/19.0.1357735690.aspx

Gaan lees ook gerus Jana se blog oor haar ervaring.

Gaan julle die fliek sien?

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
291 posts

Miskien moet mens tog dalk die fliek gaan sien? Dit sal vir my interessant wees om te sien wat hulle daarvan gaan maak. Solank die fliek goed gemaak is en net nie hemelsbreed van die boek verskil nie, kan mens tog maar vir jouself die ontbrekende dele invul.

Vir my is dit gewoonlik steurend as daar drasties van die boek afgewyk word. 

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
novice - member
26 posts

Ek het 'n paar weke terug die DVD op die rak raakgesien.  My ma wil dit vreeslik graag sien, ek is egter skepties, want 'n fliek en 'n boek is nou een maal twee generes.  En Afrikaans sukkel maar soms as dit by flieks kom!

__________________
...gee my kos, boeke en my mense, en ek sal nie moeilikheid maak nie...
superstar - founder
993 posts

Maar wat sê Marlene van Niekerk self daaroor? Luister hier:

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–4 of 4

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now