Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
49 views

Suiderkruis en Neil Cochrane

Page 1
posts 1–1 of 1
regular - member
198 posts

Ek het die resensie gelees en het geen woord daarvan verstaan nie - wat my domheid vererger het is dat ek 'n nare maagvirus opgedoen het en dus nie vatbaar is vir hogere resensiekunde nie.  Ek stem saam met Ciro - nog 'n paar boeklesers het gevlug nadat hulle daardie stortvloed van jukstaposisionerende warboel probeer verstaan het (kan iemand my sê wat dit is - my kop is te seer om nog die woordeboek ook te gaan soek.)
Oor die boek kan ek nie veel sê nie, behalwe dat ek daarvan weet.  As ek dit eendag te lese kry, sal ek my mening daaroor gee, maar dit lyk nogal (as ek reg tussen die lyne gefokus het) dat dit 'n interessante boek kan wees.
Ek weet nie eintlik wat om nog te sê nie - daar was al soveel briewe geskrywe en pleidooie gelewer wat vra vir boekresensies in gewone Afrikaans wat 'n ieder en 'n elk kan verstaan, maar dit lyk my die boodskappe beland knaend in die verkeerde posbus.

Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now