Daar woed tans 'n hewige debat in literêre kringe oor die resensie van Neil Cochrane, oor Suiderkruis, wat Maandag in DIe Burger se Boekeblad verskyn het.
Resensie deur Neil Cochrane
Gerrit Burger (Boekeredakteur van Die Burger) vra jou mening op Facebook / Boekeblok
(Lees ook Joan Hambidge se kommentaar daar)
Crito noem dit intellektuele selfbevlekking op sy blog
Willem Pretorius se mening in sy Van Alle Kante-rubriek
Ten spyte van 'n paar verskriklike woorde wat my woordeboek toe gejaag het, is hierdie die eerste resensie van Suiderkruis wat my laat voel ek wil die boek lees.
Dit is jammer as lesers hulle laat afskrik deur sulke woorde, maak dit liewer jou taak om die woord te leer ken, jy hoef dit tog nie self te gebruik nie. Cochrane is die ekspert op sy vakgebied, nie ek of jy nie.
Ander resensies het my geensins na Kalahari laat haas nie. Hierdie een wel.
Ek weet steeds nie wat dekonstruksie of paratekstuele is nie, maar ek gee nie om nie en wil graag Suiderkruis lees.
Wat dink julle van die resensie? Anita?
Dankie, Maankind, vir al hierdie verwysings wat dit maklik gemaak het om alles te gaan lees. Alhoewel die menings so teenstrydig was en ek ook sommige woorde moes gaan naslaan, is ek steeds van plan om Suiderkruis aan te skaf. Al is dit bloot omdat NB dit as 'n waardige wenner in die debuutafdeling van die wedstryd beskou het. En nadat ek dit self gelees het, sal ek besluit aan watter kant van die letterkundige debat ek staan.
Ek geniet gewoonlik Crito se blog en hoop sy is gou uit die hospitaal.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member