Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
73 views

Kirby van der Merwe in gesprek met Wilna Adriaanse

Page 1
posts 1–1 of 1
superstar - founder
993 posts

Kirby van der Merwe in gesprek met Wilna Adriaanse in vandag se By.



In Penorent moet skrywers en digters gevatte antwoorde gee op 'n paar blitsvrae deur Kirby van der Merwe.Wilna Adriaanse se jongste roman, Die boek van Ester, beloof om, nes haarvorige boeke, liefhebbers van romantiese fiksie tot laatnag aan die lees hou.

Waaroor gaan jou nuwe boek?
Afrika, politiek, romanse, angs, passie, bewaring en groen kwessies, humor, die reuk van vuur, die lewe . . .

Jy’s ’n Worcesterse meisie?
Volgens my ouers en geboortesertifikaat is ek 50 jaar gelede met die rooi sand van die Kalahari tussen my tone gebore. Maar ek het tussen die berge en wingerde van Worcester grootgeword en ek en my man woon sedert 1987 in Durbanville.

Wanneer het die skryfgogga jou gebyt?
Om middernag op 31 Desember 1999 in die Switserse Alpe. Ek is mal oor Nuwejaarsvoornemens en dit was my gróót besluit met die aanbreek vand ie nuwe millennium.

Wat is jou idee van volmaakte geluk?
Laatnag met Bruce Springsteen se “Waitin’ on a sunny day”, “If I don’t see you again” van Neil Diamond, Gnarles Barkley se “Crazy” óf  “This is the life” van Amy Macdonald in die CD-speler: “Oh the wind whistles down/The cold dark street tonight/ And the people they were dancing to the .. .” en ’n karakter van die boek waaraan ek skryf, begin met my dans.

Wat was die mees romantiese ding wat jy ooit geskryf het?
Waar Ester in Die boek van Ester van Samuel sê dit lyk asof hy die son in sy lyf dra

Wat jaag jou die skrik op die lyf?
Dat ek nie al my bure ken nie. En Julius Malema.

Met wie van die roemryke figure in die geskiedenis vind jy die grootste aanklank?
Oscar Wilde. Ons het min of meer ewe veel opinies oor alles en nog wat.

Indien jy die langpad vat, waarheen?
Êrens waar ek wilde diere kan gaan besigtig. Ek is mal oor al die kolle, strepe, slurpe, horings en lang nekke.

Van al jou deugde, watter een word heeltemal oorskat?
Ek is nie so ’n goeie ma as wat ek dink ek is nie.

Lieg jy ooit?
Dit hang af hoe jy daarna kyk.

Watter woorde of sêding gebruik jy dalk te veel?
Oukei.

Wat is die ding waarsonder jy moeilik kan klaarkom?
My rooi flash disk

Waar is/was jy op jou gelukkigste?
Diedag toe my kinders, Cobus, Jaco en Johann, oud genoeg was om saam met my te gaan fliek. Dis soveel opwinderder as ’n rondomtalie in die speelpark.

En die ander kant van die munt?
’n Wêreld sonder oranje lipstiffie, boeke, donker sjokolade en my ma se vleisslaai.

Watter kuns sal jy graag wil aanleer?
Die een of ander Oosterse gevegkuns sodat ek myself uit ’n penarie kan kry.

As wat sal jy in ’n tweede lewe wil terugkom?
Ek vermoed hierdie is reeds my tweede ronde . . . Ek was in my eerste lewe’n hofnar en vir my straf het ek teruggekom met ’n verdraaide humorsin.

Waar wil jy graag woon?
Saam met die held van my nuwe boek.
 
Wat is jou beste kenmerk?
Ek droom in volkleur.

Watter eienskap waardeer jy die meeste in ’n man?
Manlikheid.

En in ’n vrou?
Vroulikheid.

Wat van jou vriende stel jy die hoogste op prys?
Dat hulle met mý vriende is.

Wie is jou gunstelingskrywers?
Ek het nie gunstelingskrywers nie. Net gunstelingboeke, soos die Tessa-kinderboekreeks van my kinderdae, Tryna du Toit se Wag ’n bietjie, Exodus van Leon Uris, Atlas shrugged van Ayan Rand en An equalmusic   van Vikram Seth.

Jou gunsteling-fiksieheld?
As kind wou ek graag Tessa wees wat altyd skoolvakansies gaan perdry het.

Wat doen jy vir die lekker?
Lees, natuurlik. En fliek en kuier. Drie dinge waarvoor ek nie tyd kry wanneer ek skryf nie. En ek is besig met my MA in skeppende skryf werk by die Universiteit van Kaapstad.

Is daar ’n nuwe boek aan die kom?
Ja, ek gaan terug na die karakter Cato uit my vorige boek, Met ander woorde, wat in 2006 verskyn het.

Watter beroep sou jy die graagste beoefen?
’n Olifant-whisperer.

Bestaan romanse nog?
Ja, maar sy gesig lyk anders.
Kliek hier om die boek van Kalahari te bestel.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now