Trisa,
Ek het die wonderlike voorreg gehad om met hom 'n onderhoud te voer net voor sy 75ste verjaardag en met Marjorie voor haar 70ste. Hulle was daai jaar ook 50 jaar getroud, as ek nou reg onthou. Die artikel oor Jan is destyds in Rooi Rose gepubliseer en die stukkie oor Marjorie se 70ste was op die Kunsblad van Die Burger. Daar was nie genoeg tyd oor om 'n behoorlike artikel oor haar in 'n tydskrif te kry nie, want Jan het my die dag met sý onderhoud gesê ek moet liewer met Jorie gesels; sy word daai volgende week 70. (En die tydskrifte het minstens ses weke vooruit gewerk.)
Ek is sommer op my fiets af soontoe en het ure daar deurgebring, brood en avokado's geëet en baie wyn gedrink.
Iewers moet ek nog die onderhoude op band hê.
Dit was 'n wonderlike dag, al was hy toe nie meer gesond nie.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member