Mylpaal-reeks
Hierdie reeks is daarop gemikom kleuters én ouers met belangrike mylpale van ontwikkeling en groeite help. ’n Oulike storie en nuttige wenke vir ouers maak elke boek ’nprettige ervaring.
Martie Kruger se agtergrond – in die sielkunde en as Montessori-opvoeder – is deeglik ingespan om die boekies Tatta, Doeke!, ’n Boetie vir Minette, Die Mangelvanger en Kleuterskool toe!relevant en aktueel te maak. In aansluiting hierby is die illustreerderSusie Appleby ook kunsonderwyser. Die boekies verskyn in Mei en salongeveer R60 elk kos.
Meerkatrestaurant en Ander Diererympies
Nuwe Kinderverseboek
Nuwe Kinderverseboek is volgens die uitgewers “die nuutste, lekkerste, opwindendste versameling kinderverse in Afrikaans”.
Soek die Koek!enMevrou Skaap, die Piekniek en die Koek
Vergeet My Nie
Emma en die Blêg
Diva Veronica
Stalmaats 7: Seeponies en Stalmaats 8: Roset
Perfek
Grobbelaartjie van Velskoendorp
Grobbelaartjie ontdek daar issommer ’n paar slange in die gras in hierdie pragtige dorpie wat soveelaan die Paradys herinner. Hy laat hom egter nie so maklik van strykbring nie – ’n vark maak ’n plan – en op die ou einde is die boewe indie tronk (waar hulle hoort) en Grobbelaartjie die held vanVelskoendorp.
(In vandag se By)
(Verskoning oor die Bold op snaakse plekke, die nuwe edit-blokkie is nog onder konstruksie)
Ek was die eerste 5 jaar van skoolhou ook nou by die mediasentrum betrokke en was dit my werk om boeke aan te koop vir die skool se mediasentrum..wat ek natuurlik G-A-T-E uit geniet het. Ek was behoorlik in my kraal die dag as ek gaan boeke koop het. Ek was 'n paar keer by H&R en die een dag by Juta (ek dink hulle was/is? naby Jan Smuts - ek hou nog van hierdie naam, daarom gebruik ek dit...OT kan gaan slaap)... en het ek nou gekuier tussen die boeke! en natuurlik al die stories wat ek vir die kinders uitgesoek het, hoe wens ek ek kan weer sulke goeie ou dae herleef! Die kinders het gewoonlik baklei oor wie kry watter boek eerste en daar was sommer lang waglyste gou-gou opgestel. Blog bietjie vir ons van hierdie rympies! al is dit 1 of 2!
'n Vriend van ons kuier gisteraand by ons en SING toe vir my die volgende oulike kinderrympie wat sy ouma geskryf het. Sy was ook 'n onderwyseres en hy reken sy sal nie omgee as ek dit hier plaas nie:
Eendag besluit Albertus muis
Vandag is net ek die baas by die huis.
Bog met die valletjie!
Bog met die kat!
As ek lus is vir kaas sal ek dit gaan vat!
Dit was Albertus se laaste dag.
Mev. Cecilia Saayman
Hy het my ook verwys na DALRO se werf waar sy die volgende beskikbaar het:
VOOR IN DIE KOOR
Vyftien maklike liedjies vir kleuters. Met begeleiding.
Woorde en musiek: Cecilia Saayman
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member