Is nou besig met Die Nihilisme geskryf deur Danie Goosen. In 'Die Beeld' het iemand genoem dat dit moontlik een van die beste boeke in Afrikaans is wat die afgelope 10 jaar of so verskyn het.
Moet self sê, Danie Goosen laat Afrikaans voorwaar sing! Dit is aangenaam om iemand so woordvaardig raak te loop. Dis 'n erg filosofiese geskrif en ek geniet dit baie. Dis egter nie 'n maklike onderwerp waaroor dit gaan nie en dit gaan my 'n tyd neem om deur te lees.
Of die nihilisme werklik so 'n sterk houvas of invloed op die Postmodernisme het soos hy dit sien, is seker debatteerbaar. Dit sal interessant wees om aan die einde te sien wat hy voorstel as teenvoeter vir wat hy sien as die destruktiewe effek van die nihilisme.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member