Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
48 views

Die Groot Verseboek

Page 1
posts 1–1 of 1
superstar - founder
993 posts

Crito skryf vandag op sy blog:

Rapport loop die grootpolemiek oor die nuwe “Groot Verseboek” met omtrent twee maande mis –jammer, want Thys Human se bespreking in vandag se uitgawe van diéSondagkoerant is die stimulerendste wat nog oor die GV verskyn het.

Mydogters verseker my dat Human, Willie Burger en Andries Visagie diebetroubaarste kritici van die huidige geslag is. Wat dit ookal allesmag behels. Dat Rapport Human aangekeer het vir die resensie, en nie ‘ndigter nie, is iets waarvoor ‘n mens nie genoeg waardering kan hê nie.

Humanhet ‘n slag met woorde. Kyk net hoe netjies slaag hy daarin om nié insy teenstelling van D.J. Opperman en André P. Brink (as samestellers)te sê dat Brink dit te make het met gedigte wat nie estetiesbevredigend is nie – maar dit wel luidkeels te impliseer.

Hy laat soms ook ‘n opmerking in die lug hang – ryp met suggestie. Kyk byvoorbeeld hierna: “InDeel II verskyn twee digters wat nie in Groot Verseboek 2000 opgeneemis nie, naamlik D.P.M. Botes en Pieter W. Grobbelaar.” Nou, hierin lê‘n dik homp literêre geskiedenis. Botes is lank uit die beskaafdeliterêre diskoers verban weens sy digterlike kleptomanie.  Endiegene wat Brink as kritikus in volle swang in die sewentigs onthou,sal in herinnering kan roep dat Brink omtrent minder te spreke was oorPieter W.Grobbelaar as oor Merwe Scholtz en Karel Schoeman. Om nou inGV opgeneem te word …



Human aanvaar duidelik Brink se betoog dat daar by die nuwe GV groter dinge aan ‘t gebeur is.

Ekis ook mal oor die laaste deel van hierdie opmerking: “En in Deel IIIword plek ingeruim vir nie minder nie as 42 skrywers wat ná 2000 asdigters gedebuteer het – of hul hand aan die poësie gewaag het.” Lees:“Kwalik geslaag het”.



Humanwikkel hom ook gou uit die sirkulêre redenasie waarin enige gesprek oorobjektiwiteit en subjektiwiteit by die samestelling van bloemlesingsvan hierdie aard gou verval. Ek sou ook graag wou weet hoekom TrienkeLaurie meer ruimte kry as byvoorbeeld Peter Blum of Ingrid Jonker, ofoor hoekom Daniel Hugo so liggies behandel is.



Maarom te stoom oor subjektiwiteit help niks. Enigiemand anders as Brinksou ook subjektief gewees het. En dit is steeds beter as wat die gevalwas by Gerrit Komrij se “De Afrikaanse poëzie in 1000 en enigegedichten”, waar daar twee uiters subjektiewe samestellers was.



Asdaar een leemte in Human se resensie is, is dat hy nie die verband sientussen die nuwe GV en die reeks bloemlesings wat Gerrit Komrij oor dieNederlandse digkuns saamgestel het nie. As hy het, sou hy sy laasteopmerkings oor een slanker bloemlesing met ‘n bietjie meer insig gemaakhet.



Hethy ooit daaraan gedink dat die voordeel van drie bande juis dít is dathulle apart verkoop kan word, en apart opgedateer? Dis mos voor diehand liggend dat dit gaan gebeur. Wat goed was vir Bert Bakker, sal ookgoed wees vir Tafelberg.



Nietemin,  ek sien uit na ‘n meer gereelde verskyning van Thys Human se naam as koerant-resensent.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now