Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
196 views

Jou beste, beste boek

Page 1
posts 1–9 of 9
superstar - founder
993 posts
Jou beste, beste boek.

Met die dat ons so lekker gewerk het aan die Top 100 Leeslys, en die voorbereidings begin vir die Top 100 Kinderlys, het ek net gewonder, wat was jou beste, beste boek van verlede jaar? Nie die beste soos in beste nie, maar soos die kleintjies bedoel as hulle sê my beste dier is 'n padda. Die lekkerste boek. Jou gunsteling boek.

Myne was The Diary of Iris Vaughn. (More kies ek dalk iets anders, maar vandag is vandag.)
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
23 posts

Myne was verseker Marcus Zusak - the book thief. Ek wou nie die boek terug vat bib toe nie. Wou dit net nog so bietjie langs my bed laat lê. Wou nog so bietjie rond blaai en nie dadelik al van almal afskeid neem nie.

Dit is hoekom dit lekker is as dit jou eie boek is.

superstar - founder
993 posts
Bepaald so! Ek het The Book Thief net so ent in gelees, en besluit hy verdien my onverdeelde aandag. Hierdie laaste tyd was my lewe net te besig, en sal nog 'n maand of twee so wees.

Intussen het my man hom gevat, en hy dink dis 'n uitstekende boek. Wat sou gebeur het as dit 'n biblioteekboek was? Dan het nie een van ons dalk die plesier beleef nie.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
23 posts

Ja, dis jammer mens kan nie alles koop wat jy wil lees nie.

En dis ook lekker om van 'n boek ontslae te raak as jy dit glad nie geniet het nie. Miskien moet ons ook 'n slag gesels oor boeke wat almal glad nie geniet het nie en dadelik wou weg gee net om te verseker jy troetel dit nie onnodig in jou rak nie.

Hoop jy kom gou by book thief uit!

regular - member
148 posts

Ek het gewonder watter een my beste boek was net tot ek gedink het watter een ek aan almal wou uitleen (en het). En ek leen nie sommer boeke uit nie want dan word mens baie keer vies vir jou vriende. Ek kies Persepolis van Marjane Satrapi. Dis baie sensitief geteken en geskryf maar die mooiste daarvan is dat dit 'n wêreld oopmaak wat ek nie eers geweet het bestaan nie. Waaroor ek ook nie eers gewonder het nie. Sou nooit kon dink dat Iran na hul revolusie en ten tye van hulle oorlog met Irak so fassinerend kon wees nie.

regular - member
118 posts

My beste boek was ook The book thief. Ek het dit op die lughawe gekoop en gelees terwyl ons in Spanje getoer het. Op die ou end het ek 'n hele paar uur in Toledo opgeoffer om die boek klaar te lees. Mensdom, ek het lanklaas so oor 'n boek gehuil! My man het dit ook gelees, my dogter daarna en albei het dit baie geniet. Ek voel ook skoon evangelies oor die boek - wil dit by almal aanbeveel. Dis ongelooflik dat so 'n jong skrywer soveel volwassenheid en insig kan openbaar.

__________________
Annemari
rookie - member
1 posts

Ek het gedink en gedink en gedink. Ek kan net eenvoudig nie 'n enkele boek uitsonder nie. My eie lysie van gunstelinge is dus so lank dat daar in my huis nie meer plek is vir al die boeke nie. Op die oomblik egter beleef ek 'n tyd waarin ek nie tyd kry vir lees nie - tyd vir my eie leesgoed nie, maar vra my maar oor kinderboeke!!! My seuntjie het leer praat met Babalela - dit so agter sy ma aangepraat, daar is nie aand wat ons mag gaan slaap sonder 'n storie gelees is nie, wanneer maatjies kom kuier moet hulle saam bal speel en as die maatjies mooi soet is, dan gaan wys my seunskind baie trots sy eie boekrak. My gunsteling kinderboek (op die oomblik) is Die Teddiebeerbus van Jaco Jacobs. Die mooiste, mooiste rympies en die illustrasies hoort as muurpapier teen kleuterskoolmure.

regular - member
121 posts

Ag tog - DIS nou lekker om DIT te lees :) 'n Kind met 'n boekrak! NES dit hoort. Ek het nou die dag my twee kleinkinders na die Babalela-opvoering hier in Die Boer in Durbanville gevat. Die een is pas 5 en die ander een 2 en 'n half. Hulle oê was baie groot :) Dit is 'n vrolike, baldadige opvoering. Daarna moes ek boeke teken  - die oudste wou toe weet hoekom kan ek in boeke skryf en HY mag nie :) Lekker verder lees!

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
superstar - founder
993 posts

Dankie, Suzann, ons gaan een van die mooi dae die bydraes vra vir nominasies vir kinderboeke vir die Top 100. Jy het jou nou committ! (My kop is dof vandag, ek kry nie 'n mooi Afrikaanse woord nie)

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–9 of 9

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now