Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
127 views

die kind wat dood geskiet is deur soldate by nyanga- ingrid jonker

Page 1
posts 1–1 of 1
superstar - member
223 posts

Die man werk op Kersdag, Afrika is honger en moet gevoed word. 'n Werker kom roep die man. 'n Vrou is in kraam waar sy bier drink. Die man kry 'n kombers van die rak af. Die vrou steun, haar water reeds gebreek. Bierwalms kreet bekken ontsluiting. Die man maak die vrou gemaklik, sprei haar knieë. 'n Benoude vrouereuk laat die man dapper sluk. Druk, sê die man terwyl die vrou gil. Omstanders vorm 'n gordyn. Iemand gee die vrou 'n plank, wit tande kners op hout. 'n Babaseuntjie glip donkerkoper 'n Feesdag in. Die ma se onwettige status verseker die kind se onseker toekoms. Die vrou byt die naelstring af en bind die kinddermpie met skoenveter af. Afrikasterk draai sy baba in kombers toe en loop regop na die plakkerskamp. Die man is verslae, hoeveel geboortes word daagliks sonder seremonie voltrek. Wat word van Afrika se kinders, wie se lewenswonder misken word. Die man gaan lees 'n gedig oor 'n ander kind. Wanneer wonder die man, gaan die kinders van Afrika ophou ly? Die Kind van Vrede ongekend in 'n steeds geknelde land.

Die kind wat dood geskiet is deur soldate by Nyanga

Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur van vryheid en heide
in die lokasies van die omsingelde hart

Die kind lig sy vuiste teen sy vader
in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van geregtigheid en bloed
in die strate van sy gewapende trots

Die kind is nie dood nie
nòg by Langa nòg by Nyanga
nòg by Orlando nòg by Sharpville
nòg by die polisiestasie in Philippi
waar hy lê met 'n koeël deur sy kop

Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
die kind loer deur die vensters van huise en in die harte
van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat 'n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat 'n reus geword het reis deur die hele wêreld

Sonder 'n pas

Ingrid jonker
Maart 1960

Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now