Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
67 views

Nuwe Groot Verseboek

Page 1
posts 1–5 of 5
regular - member
198 posts

Het gister 'n wonderlike verrassing gekry via die poskantoor. My goeie vriend in die Kaap het besluit om Andre Brink se geblikte Groot Verseboek vir my as Kersgeskenk te gee - het byna getoi-toi van vreugde net daar in die straat.

Moes dit net met julle deel want dit is so wonderlik en heerlik om dit in my hand te hou.

superstar - member
223 posts

flippet anita, soek jou goeie vriend in die kaap nie 'n goeie vriend in wes-transvaal nie ? dit my vriendin, is defnitief bo aan my lys vir my kerskous. ongelukkig is die anner helfte en lendevrugte op 'n shoestring budget. oh well, my sokkies is hoeka gaar.

novice - member
46 posts

Ek het self "Verswereld" as geskenk gekry! Ek kon nie 'n beter geskenk kry nie. As jy praat van "geblik", meen jy die CD? Myne is die cd wat gereeld homself "bywerk" en ek lees natuurlik heerlik!

__________________
Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter, don't mind.
superstar - founder
993 posts

Nikita, sy verwys na André P Brink se Groot Verseboek, wat in drie volumes letterlik in 'n blik verpak is. Nou is my mond sommer dik, want ek het Verswêreld gehad, wat beskadig is dat dit nie meer kan speel nie.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
46 posts

Hi Maankind, O, dit moet ek kry! Ek is baie heilig op my Verswereld, ek het juis gedink ek moet 'n kopie maak en hom bêre ingeval myne iets oorkom.

__________________
Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter, don't mind.
Page 1
posts 1–5 of 5

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now