Hierdie was 'n baie opwindende jaar vir Boekemakranka en Pennestreke, en veral ook vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys.
Meeste van julle se werksjaar het alreeds tot 'n einde gekom, of die vakansie begin vandag. Synde hoe, in elke persoon se lewe is Desember anders as ander maande, op een of ander manier.
Geniet jou Desember op 'n manier wat vir JOU lekker en goed is. Maar moet nou net nie dink julle hoef nie verder deel te neem aan die Forums vir die res van die jaar nie...
Desember is ook by uitstek die maand wat mense die meeste lees! Geniet dit, en kom vertel ons daarvan.
Onthou jy kan nie Reply op hierdie boodskap nie, antwoord op die forum, of stuur epos aan trisa@icon.co.za
Groetnis uit 'n sonnige Kleinmond, waar ons vakansieweer het!
Trisa Hugo