Vandag is die wenners van Sanlam en RSG se radiodramaskryfkompetisie vir 2008 is hier bekendgemaak:
Die wenteks is Droomskip wat deur SD Fourie van Gansbaai geskryf is en vir haar 'n skaflike meevaller van R20 000 in die sak bring. In die tweede posisie verdien André Kotzé (Struisbaai) se Judasbok vir hom R10 000. Die derde prys van R7 000.00 gaan aan Martin Jansen van Florida (Gauteng) vir sy drama Karaktermoord.