Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
164 views

Kinder- en Jeugboeke?

Page 1
posts 1–10 of 10
superstar - founder
993 posts
Wat is die verskil tussen kinder- en jeugboeke? Op grond waarvan word daar onderskei?
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Prenteboeke is bedoel vir kinders van so 3-8 jaar, vir voorlees en selflees.
Kinderboeke - vir so 8-12 jaar - gewoonlik net 'n paar prente en meer en langer teks.
Jeugboeke - vir 12+ jaar - 'n jeugboek is 'n mini roman - net nie so verwikkeld soos 'n volwasse roman met soveel intriges nie. Lengte gewoonlik gemiddeld 25 000 - 40 000 woorde.

Die "bokse" is maar, weer eens, terwille van bemarking. Lesers steur hulle nie aan grense nie.

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
superstar - founder
993 posts
Die rede waarom ek vra, Martie, is dat ek myself wil begin voorberei vir 'n Top 100 lys, maar ek sal my absoluut moet verlaat op die mening van die skrywers van kinder- en jeugboeke. Ek besef prenteboeke soos Babalela kan nie onder dieselfde lys verskyn as Breinbliksem nie.

Ek wonder of 'n mens kinder- en jeugboeke sou kon saam groepeer?
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Ja - 'n Mens sou kon - alle boeke vir mense onder 18 - so iets. Daar is nie 100 prenteboeke in Afrikaans beskikbaar nie! Of jeugboeke nie. Probleem is die mense wat dit moet nomineer - soos ek elders hier geskryf het. Dis 'n baie edele voorneme van jou - maar ek weet nie hoe haalbaar dit is nie. Van die 100 top boeke van IBBY wat nog in druk is, is net 32 Afrikaans - en hulle het al die boeke vir kinders/jongmense op hulle lys. Jy sou dalk spartel om 100 sulke boeke bymekaar te kry in Afrikaans oor al drie die genres saam! Laat staan nog gewilde boeke. Ai. Ek wil nou nie 'n nat kombers wees nie - allermins. Maar dis 'n baie baie moeilike taak!

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
superstar - founder
993 posts
Martie, dis presies waarom ek die skrywers daarvan vra! Ek waardeer jou opinie regtig, want ek self is totaal uit voeling. My kinders is te groot, en my kleinkind nog te klein.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Miskien moet 'n mens net 'n lys van beskikbare boeke saamstel? Die verskillende uitgewers kan dalk vir 'n mens 'n lys gee van hulle beskikbare boeke? Baie boeke vir kinders is ook nie-fiksie, natuurlik. Ek kyk ook maar net op die uitgewers se webwerwe en probeer skryf wat ek kan. Carina sal sekerlik meer nuttig as ek wees want sy het direk met die boeke gewerk.

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
superstar - founder
993 posts
Ek het al met Carina gesels daaroor, sy stem saam met jou dat daar te min boeke is om te onderskei.

Maar dink aan die bemarking-slogan van een lys: Van Babalela tot Breinbliksem...
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Hie Hie Dit klink WONDERLIK! Jy doen wondere met hierdie webwerf, Trisa. Baie, baie cool.

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom - 'n gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek. Samestellers: Gretel Wybenga en Maritha Snyman. Dis in 2005 uitgegee - en dus volledig tot dan.

Kyk hier:

http://www.lapa.co.za/mybasket/Product.asp?PublicationID=2023

Opsomming:

Hierdie gids vervul ’n wesenlike leemte ten opsigte van oorspronklike navorsing by resente tekste en genres oor Afrikaanse kinder- en jeugboeke op alle vlakke.

Dit is geskik vir die vakspesialis soos biblioteekkundiges, navorsers op die terrein van kinder- en jeugliteratuur en voor- en nagraadse studente aan tersiêre inrigtings, maar ook vir die algemene leser soos ouers, onderwysers en ander belangstellendes.

Die boek is verdeel in ’n afdeling met artikels oor die kinderboekillustrasie, kindertydskrifte, bekronings, die vertaalde boek en reeksboeke, sowel as ’n poësie-, prosa-, en toneeloorsig.

Die tweede afdeling bevat 123 outeursprofiele, alfabeties gerangskik

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
148 posts

Ek hou ook baie van jou slogan, Maankind

Oor die lys 'n paar gedagtes:
* Ek self sou graag ook wou nomineer en/of stem. My kinders is 7 & 9 en ek is redelik bewus van wat beskikbaar is beide in prente en kinderboeke. Jeugboeke lees ek graag vir my eie plesier en ontspanning :)
* Is daar 'n manier om onderwysers maklik te kontak en te betrek? Hulle moet ook seker hulle gunstelinge hê en/of bewus wees van wat die kinders se gunstelinge is.
* Ek dink ook almal kan in een lys. Ek sou egter tog graag wil sien dat daar vir elke boek net genoem word in watter kategorie hy val. Hierdie lys is vir my meer nog as die ander een 'n saak van liefde en om mense te kry om die boeke te koop. Ek dink dis handig vir oupas en oumas en ander liefdevolles om te weet vir watter ouderdom die boeke geskik is.
* Moet dit 'n top 100 wees? Dit kan mos minder ook wees.

Page 1
posts 1–10 of 10

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now