Vir die van julle met 'n liefde vir kinder prenteboeke; 'n Amerikaanse ma skryf oor die ou tweedehandse prenteboeke wat sy raakloop hier. Wat sou 'n goeie vertaling vir vintage wees? Antiek werk glad nie en tweedehands is net nie so romanties nie.
My ma het vir ons destyds deur die leserskring, Helena JF Lochner se reeks boeke gekoop.
Ongelukkig, toe ek dit jare later soek, is dit weg. Tussen 3 kinders is dit nogal moeilik om weer op te spoor.
Sowaar, verlede jaar krap ek in 'n ou trommel, en vind drie boeke van die reeks! Ek het intussen nog twee gevind deur boekwinkels, en kort een om my smile breed te maak.
Ek dink baie van vandag se kinderstories is vreeslik aktueel, maar die 'kind' in die boeke ontbreek.
In vandag se lewe kompeteer kinderboeke met DSTV. En Playstation. En MP4 players. En mxit.
Jirre, soms wens ek ESKOM wil permanent opblaas sodat kinders weer kan speel en lees.
Maar om te kan speel moet ons die regering regskud sodat ons almal weer die strate vreesloos kan invaar...
So, as kinderboeke nie die woorde 'awsome, cool en dude' in het nie, gaan dit weinig indruk maak!
En die karakters moet klere met 'lables' dra, en die nuutste elektronika werk.
Nee wat, gee my enige dag Jakkals en Wolf, of Apie en Bobbejaantjie. Of die mossies in Twee vir 'n Stuiwer.
Daar waar die skrywer iets aan die kind se verbeelding oorlaat. Om sy eie prentjie te bou met die sinne wat hy lees.
Kan vandag se kinders egter ooit verbeeldingsprentjies bou?
Ek was vandag op Tierbergboeke se website en hulle het 'n link "jeugboeke" - daar is 'n lang lys van kinderboeke...van hulle uit druk ...wat hulle verkoop.
Dankie, Nikita vir die skakel. Ek het Tierbergboeke gaan soek, en sit sommer 'n skakel op na hulle toe in die regterhandse kolom by Skakels. .
Ek het ook al vroeër by hulle boeke bestel en kry nog so nou en dan deur e-pos 'n lys van Neels af. Ek weet nie wat nou die geval is met die webwerf nie, maar vroeër was die nie altyd baie op datum nie, d.w.s. 'n boek kan nog daar wys terwyl dit al verkoop is. Dis dalk beter om Neels te vra om die lyste deur e-pos vir julle te stuur. En ek het ook al ondervind as daar dan iets is waarin jy belang stel moet jy vinnig spring - ek het onlangs gewik en weeg oor 'n boek en toe ek uiteindelik navraag doen was dit klaar verkoop. Maar 'n boer maak 'n plan en ek het die boek toe elders gekry - op Bidorbuy. Gaan kyk daar na die boeke wat deur Paarl Books aangebied word. Daar is vir julle nog 'n bron!
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member