RSG het 'n onderhoud uitgesaai verlede Saterdag op Naweek Aktueel.
LitNet het ons Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys hier aangekondig, boonste brief nogal.
In die Nuusbrief van Die Afrikaanse Taalmuseum en –monument se Desember 2008/Januarie 2009 uitgawe kry ons ook blootstelling.
Izak de Vries kondig die lys op sy blog aan.
In Gayspeak se Desember uitgawe is Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys die tweede topstorie.
Dié van julle wat lus is om te luister, ek gesels weer more op RSG op Naweek Aktueel, iewers tussen 12:30 en 13:00.
Baie dankie aan al die betrokkenes!
Ek WENS ek kon luister, maar ek sit gedurende daardie tydgleuf by die werk, sonder 'n radio. There is no rest for the wicked!! Maar, Trisa ek weet jy gaan goed doen.
Dankie vir al jou moeite - ek dink jou hoekie in die hemel gaan van die vloer tot by die plafon vol boekrakke met Afrikaanse boeke wees!
Ek gaan probeer luister of jy mooi en ontspanne klink! Jy sal. Nee, wat, ek treiter myself ook na 'n e-pos oor spelfoute en almal kom dit oor. Ek het niks eens opgelet nie. Dis oor ons almal nou "sms-taal" skryf en lees! Het julle hierdie al gesien? - Aoccdrnig to a rscheearch at an Elingsh uinervtisy, it deosn't mttaer in waht oredr the ltteers in a wrod are, the olny iprmoetnt tihng is taht frist and lsat ltteer is at the rghit pclae. The rset can be a toatl mses and you can sitll raed it wouthit porbelm. Tihs is bcuseae we do not raed ervey lteter by itslef but the wrod as a wlohe.- (Ek dink egter dis net slimmes wat dit vlot kan lees!!!) Sterkte vir môre!
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member