Die doel van die lys is nie om die oppergesag oor die beste boeke in Afrikaans te wees nie, maar om lesers se subjektiewe voorkeure op informele wyse weer te gee. (Ek sou graag self hierdie pragtige sin wou uitdink, maar helaas, Melt Myburgh het.)
Daar was 506 unieke mense wat gestem het, in totaal is 3882 stemme getel. Elke persoon het dus gemiddeld vir 8 boeke gestem. Die meeste mense het vir tussen 10-20 boeke gestem.
Mense het die stemmery baie ernstig opgevat. Daar was bv ʼn vrou van 84 (baie intellektueel, behoort aan twee Leeskringe), in ʼn aftreeoord wat ʼn spesiale reëling gemaak het om te kon stem.
Mense kon in privaatheid stem, hulle het dus veilig gevoel om vir die boeke te stem wat werklik ʼn gunsteling lekkerlees boek is, en nie die boeke wat hulle gedink het sal goed lyk op so ʼn lys nie.
Ook interessant is dat alle boeke van sekere van ons groot skrywers nie ewe gewild is nie, mense het dus voorkeure oor die boek, nie die skrywer nie.
Baie verblydend is om te sien dat daar ʼn heerlike mengsel is van ligter boeke en swaarder literatuur, nuut en oud. Die grootste verrassing was die aantal ou boeke op die lys. Die uitgewers kan gerus hiervan kennis neem. Onthou hierdie het gegaan oor mense se gunsteling boeke. Vir die lesers, deur die lesers.
Let asseblief - hierdie is net waarnemings van tendense, en nie ʼn wetenskaplike analise nie. Dit reflekteer slegs internetgebruikers se keuses wat gekies het om aan die meningspeiling deel te neem. Dit verteenwoordig nie die mening van internetgebruikers as geheel, of dié van die breër publiek nie.
Dankie vir almal se entoesiasme met hierdie projek.
In volgorde, met meeste stemme as nommer 1:
1 Dalene Matthee - Fiela se Kind
2 Dalene Matthee – Kringe in ʼn bos
3 Elsa Joubert - Die swerfjare van Poppie Nongena
4 Alba Bouwer - Stories van Rivierplaas
5 Marita van der Vyver - Griet skryf 'n sprokie
6 Marlene van Niekerk - Agaat
7 Marlene van Niekerk – Triomf
8 P G du Plessis – Koöperasiestories
9 Jeanne Goosen - Ons is nie almal so nie
10 Deon Meyer – Orion
11 Annelie Botes – Sabbatsreis
12 Dalene Matthee - Moerbeibos
13 NP van Wyk Louw - Raka
14 Dalene Matthee – Toorbos
15 Dalene Matthee – Pieternella van die Kaap
16 CJ Langenhoven - Versamelde Werke
17 Etienne Leroux - Sewe dae by die Silbersteins
18 Alba Bouwer – Stories van Bergplaas
19 Annelie Botes – Raaiselkind
20 Marié Heese – Die Uurwerk Kantel
21 Etienne van Heerden - Die swye van Mario Salvati
22 Etienne van Heerden - Toorberg
23 Marita van der Vyver – Wegkomkans
24 Mark Behr - Die reuk van appels
25 Pat Stamatelos – Kroes
26 Dalene Matthee - Susters van Eva
27 Anoeschka von Meck – Vaselinetjie
28 Anna M Louw - Kroniek van Perdepoort
29 André P Brink - Kennis van die aand
30 Deon Meyer – Feniks
31 Dana Snyman – Anderkant die scrap
32 Maretha Maartens – ‘n Pot vol Winter
33 Engela van Rooyen - Vuur op die Horison
34 Deon Meyer – Infanta
35 E K M Dido - 'n Stringetjie blou krale
36 Alexander Strachan - Die jakkalsjagter
37 Dan Sleigh - Eilande
38 Koos Kombuis - Seks, Drugs en Boeremusiek
39 Etienne Leroux – Magersfontein, o Magersfontein
40 Marita van der Vyver - Griet kom weer
41 Nataniël – Kaalkop 1 & 2
42 Wilma Stockenström – Abjater wat so lag
43 Elsa Joubert - Die Reise van Isobelle
44 Ingrid Winterbach - Die boek van toeval en toeverlaat
45 Karel Schoeman - Hierdie Lewe
46 Dalene Matthee – Brug van die Esels
47 Bettie Naudé - Saartjie Reeks
48 Audrey Blignaut – Hele oevre
49 André P Brink – Duiwelskloof
50 Marzanne le Roux van der Boon - Klaprose teen die wind
51 N.P. van Wyk Louw - Germanicus
52 André P Brink - 'n Droë wit seisoen
53 Alba Bouwer – Die afdraand van die dag is kil
54 A H M Scholtz - Vatmaar
55 CJ Langenhoven – Beste Spookstories
56 Cor Dirks - Die Uile Reeks
57 Eleanor Baker – Die Ander Martha
58 Deon Meyer – Onsigbaar
59 Marita van der Vyver - Die hart van ons huis: 'n skrywer in Provence
60 Esta Steyn - Kinders van die Sabbatsee
61 G J Joubert – Oupa Landman se viool
62 Antjie Krog - ʼn Ander Tongval
63 Zuretha Roos – Die verdwyning van Mina Afrika
64 Marita van der Vyver – Stiltetyd
65 Leon Rousseau – Fritz Deelman reeks
66 Wilma Stockenström – Kremetartekspedisie
67 FA Venter –Hele oevre
68 Engemi Ferreira - Die jaar toe my ma begin sing het
69 Sangiro - Uit oerwoud en vlakte
70 Elsabé Steenberg - Boom Bomer Boomste
71 Eugene N. Marais - Versamelde werke
72 Jan Rabie – 21
73 Karel Schoeman - 'n Ander land
74 Jochem van Bruggen - Ampie
75 Anoeschka von Meck - Annerkant die longdrop
76 Barrie Hough – Skilpoppe
77 Eleanor Baker - Verbeelde werklikheid
78 Karel Schoeman - Die uur van die engel
79 Riana Scheepers (samesteller) - Die Melkweg het ʼn ster laat val
80 Lettie Viljoen - Karolina Ferreira
81 P H Nortje – Nuut onder die son
82 Pat Stamatelos - Die val van die dice
83 Jan van Melle - Bart Nel
84 Jan van Tonder - Roepman
85 Chris Barnard – Chriskras
86 Abraham H de Vries – Die Afrikaanse Kortverhaalboek
87 Anna M Louw – Wolftyd
88 P G Du Plessis – Het olifante elmboë
89 Ingrid Winterbach – Niggie
90 Hettie Smit - Sy kom met die sekelmaan
91 Etienne Leroux - Een vir Azazel
92 Jeanne Goosen – ʼn Pawpaw vir my darling
93 André P Brink – Bidsprinkaan
94 Eleanor Baker - Die kwart-voor-sewe-lelie
95 Eben Venter – Ek stamel, ek sterwe
96 Lerina Erasmus – Mannheim sage
97 Koos Prinsloo – Jonkmanskas
98 Margaret Bakkes – Elegie vir ʼn Onbekende
99 Nanette van Rooyen – Chinchilla
100 Rachelle Greef – Die rugkant van die bruid