Die Overstrand Boekefees is verlede jaar die eerste keer gehou, en hierdie jaar gaan dit veel groter wees. Organiseerders is gevra dat die Boekefees deel vorm van die Kobio Fynbosfees, wat sal plaasvind van 12-16 Desember 2008. Die Fees se doel is om die biodiversiteit van die area in al sy vorms, insluitend die geskrewe woord, te bevorder.
Met meer as 1600 spesies, is die Kogelberg Biosfeer Reservaat deel van die grootste blomme-rykdom in die wêreld, met die doel om bewustheid vir hierdie unieke erfenis te bevorder. Tesame met die Boekefees wat boeke wil bevorder wat omgewingskwessies aanspreek, sal daar ook ʼn fotografie-kompetisie vir kinders wees, oor ons natuurlike erfenis - Flora, fauna en die diversiteit van gemeenskappe in ons area, asook die seelewe en eko-produkte.
Toeriste sal verwelkom word en na al die aktiwiteite by die twee areas van Fees verwys word - Een by die hawe, en die ander by die Mthimkulu Village waar baie ontwikkeling die afgelope tyd plaasgevind het. Blomme van die omgewing word tans daar verpak vir Europese markte, wat werk verskaf aan ʼn grootliks ongeskoolde werksmag.
Die Boekefees sal nou, in teenstelling met verlede jaar, oop wees vir alle skrywers met boeke verwant aan flora, fauna, kulturele en gemeenskapsaktiwiteite, en groen projekte. Skrywers kry ʼn platform, waar hulle hulle boeke bekend kan stel en praatjies hou.
Waar sal jy ʼn beter plek kry vir skrywers om hulle boodskap oor te dra en hulle werk bekend te stel? Die fees sal baie toeriste na die area lok, en mense wat verlede jaar die Boekefees bygewoon het, het aangedui dat hulle weer kom.
Gerald McCann is ʼn bekende skrywer van boeke oor die Kogelberg sal sy nuutste boeke bespreek. Chanette Paul, Suid-Afrika se bekendste skrywer van spanningsromans, stel haar nuutste boek, Fortuin, bekend. Margie Wilson beloof om ʼn nuwe generasie kinders te vermaak met haar Bella-stories. Amida Johns and Peter Slingsby werk aan ʼn nuwe boek wat beskikbaar sal wees, reg in pas met die groen idee. Peter Slingsby se kaarte oor die omgewing sal ook beskikbaar wees.
Daar sal allerhande aktiwiteite wees wat ekologies volhoubare ontwikkeling, eko-toerisme, voëlkyk-aktiwiteite, sononder-konserte, en uitstappies na onder andere die Harold Porter Botaniese Tuin sal insluit.
Goeie akkommodasie, fynproewerskos, kaas- wyn- en heuningproe. Wat meer kan jy vra? Miskien net ʼn klomp boeke daarby! Kleinmond is die plek om te wees in Desember, maak sommer nou al jou reëlings.
Vir meer inligting, kontak Margie Wilson by ellyget@tigme.com
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member