Baie dankie vir almal se entoesiastiese deelname om Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys saam te stel. Die stemme kom steeds in, Saterdag se RSG-blootstelling het weer 'n kreatiewe inspuiting en baie goeie publisiteit vir ons gegee.
Volgende jaar gaan dit baie makliker wees, dan het ons reeds 'n lys om as vertrekpunt te gebruik. Hierdie was ook 'n baie interessante leerkurwe, dit gaan nou soveel makliker wees as ons die kinderboek-lys doen.
Woensdag sluit die stembus, en dan word die resultate bekend gemaak.
Onthou dat jy nie kan Reply op hierdie epos nie, as jy wil reageer, doen dit op die forum, of stuur epos na trisa@icon.co.za
Groetnis uit 'n sonnige Kleinmond!
Lekker Lees,
Trisa Hugo