Die bundel met vier van Prinsloo se publikasies is 'n moet. Eerstens met die saamlees van die vier boeke kry mens 'n geheelbeeld oor die skrywer, sy belewenis van die werklikheid en sy soeke na er/herkenning. Alhoewel die boeke in die vroeë tagtigs tot vroeë negenntigs geskryf is, is van die knelpunte en uitbreiding van grense vandag nog relevant. Prinsloo was beslis 'n onstoke man en in sy uitbeelding van sy seksuele voorkeure, eksplisiet. Die ontplooing van manlike seksuele energie is soms onhutsend, ons lewe in 'n onhutsende wereld. Daar is te veel stories in die bundels wat diep gryp om enige uit te sonder. Jonkmanskas was in ag genome die tydsgewrig tentatief. Die hemel help ons meer ge-aksentueerd maar as ons by Slagplaas kom, spaar Prinsloo ons nie die full Monty nie. Ek dink met Weifeling het hy besef hy het dalk sy pad geloop en bekyk retrospektiewelik na ingrypende grepe in sy lewe. Dit sal onregverdig wees om enigiets uit die bundel aan te haal maar tog sou ek die tema van die tekste in breë so verwoord:
“ 'n Paar gedrae vrae, my liewe toehoorder: Slag 'n mens jouself dalk met jou eie offermes, deurboor jy jouself met jou eie pyl, is dit jy wat jouself verwond en bevrug of is hierdie aanbidding van die lans maar hoe 'n paar van ons noodwendig ondergaan in hierdie tyd? Slagplaas, Drome is ook wonde.
In geheel is ek bly ek het die boek gekoop en gelees.
Koos Prinsloo, VERHALE , Human $ Rousseau, ISBN -10 0-7981-4940-X