Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
42 views

Koos Prinsloo – Vehale

Page 1
posts 1–3 of 3
superstar - member
223 posts

Die bundel met vier van Prinsloo se publikasies is 'n moet. Eerstens met die saamlees van die vier boeke kry mens 'n geheelbeeld oor die skrywer, sy belewenis van die werklikheid en sy soeke na er/herkenning. Alhoewel die boeke in die vroeë tagtigs tot vroeë negenntigs geskryf is, is van die knelpunte en uitbreiding van grense vandag nog relevant. Prinsloo was beslis 'n onstoke man en in sy uitbeelding van sy seksuele voorkeure, eksplisiet. Die ontplooing van manlike seksuele energie is soms onhutsend, ons lewe in 'n onhutsende wereld. Daar is te veel stories in die bundels wat diep gryp om enige uit te sonder. Jonkmanskas was in ag genome die tydsgewrig tentatief. Die hemel help ons meer ge-aksentueerd maar as ons by Slagplaas kom, spaar Prinsloo ons nie die full Monty nie. Ek dink met Weifeling het hy besef hy het dalk sy pad geloop en bekyk retrospektiewelik na ingrypende grepe in sy lewe. Dit sal onregverdig wees om enigiets uit die bundel aan te haal maar tog sou ek die tema van die tekste in breë so verwoord:

“ 'n Paar gedrae vrae, my liewe toehoorder: Slag 'n mens jouself dalk met jou eie offermes, deurboor jy jouself met jou eie pyl, is dit jy wat jouself verwond en bevrug of is hierdie aanbidding van die lans maar hoe 'n paar van ons noodwendig ondergaan in hierdie tyd? Slagplaas, Drome is ook wonde.

In geheel is ek bly ek het die boek gekoop en gelees.

Koos Prinsloo, VERHALE , Human $ Rousseau, ISBN -10 0-7981-4940-X

superstar - founder
972 posts
Ek het lanklaas van sy verhale gelees, maar ek kan onthou dat Jonkmanskas my erg beïndruk het destyds. Ek kan min detail onthou, sal dit weer moet herlees om'n mening te waag. Slagplaas onthou ek net as té intens vir my destydse smaak, en dit was ook vir my asof hy sy persoonlike verhoudings in die boek wou leef, pleks van in die werklike lewe. Ek het as leser uitgesluit gevoel.

Hoe ek nou met die herlees daarvan sou voel weet ek nie. Die feit dat hy dramaties dood is, wil ek buite rekening laat wanneer ek die boek lees. Ek het nogal 'n gevoel dat kunstenaars, sangers en skrywers makliker verhef word tot ikone die oomblik wanneer hulle (dramaties) sterf.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
223 posts

wat vir my interresant sal wees is om die belewenis van vroue wat sy verhale gelees het te hoor. jy is reg as jy se dat die intensiteit skroeiend was in slagplaas en dat hy in n vakuum van gewaande weklikheid geleef en beleef het. die groot geeste baklei oor sy pre/post of dalk post/post oedipala komplekse maar hy figureer vir my as mens wat soos almal stoei om sin aan 'n gebreklike beeld van die werkliheid te gee. niemand word dit gespaar nie. ja en toe is die popster ook nie n droewige einde gespaar nie. alle vlees is gras.

Page 1
posts 1–3 of 3

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now