Random House se Modern Library se 100 Best books of the previous century
Ek hoop nie jy gee om dat ek dit hier kom plak nie. Dit was juis een van my voornemens hierdie jaar om meer Engelse fiksie, veral van Suid-Afrikaanse skrywers te lees. Maar my leeservaring kan net baat by hierdie lys!
Bly ek kon van hulp wees, Maankind!
Ek en een van my vriendinne het so met die draai van die eeu met dié lysies gesit (beide die Board en Readers se lysies) en besluit om werk te maak daarvan. Sommige het ons met groot vigor aangepak en sommige het ons summier doodgetrek sonder om te skuldig te voel. Maar dit bly vir my 'n lekker uitdaging om so dan en wan een van die classics nader te sleep en dan nog 'n strepie deur 'n naam op daai lysie te gaan maak.
Ek het nou-nou 'n lys uitgeprint van 1001 boeke wat mens moet lees voor jy doodgaan! Hoe gaan mens dit ooit regrky???
http://www.listology.com/content_show.cfm/content_id.22845/Books
Wat so lekker is van lyste, ek het Exclusive se lys van 101 boeke gevat, en besef 84 daarvan het al gelees. Party wou ek nie klaar lees nie, soos Harry Potter, maar dis 'n keuse, soos jy sê doodtrek sonder om skuldig te voel.
Lees is Lekker!
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member