Die waarheid is mos maar altyd iewers in die middel, en daar is mense wat graag ouer boeke koop en lees, dikwels is dit 'n nostalgiese herlees.
By Maroelaboeke kan jy van hierdie ou boeke kry, gaan besoek gerus hulle webwerf, daar is ook 'n lekker soekfunksie.
Hier is 'n kort uittreksel uit hulle Desember katalogus, om 'n idee te gee:
090 AUCAMP, Hennie: Wolwedans. `n Soort revue. (Met die uitgee van die boek,
het die uitgewer soveel opspraak verwag dat hulle `n antwoord reg gehad het
om die kritici se monde te snoer. Sien die hoofstuk `n Verweer deur Berta Smit
in die boek In Ons Goeie Boekies. Skrywers en redakteurs oor Tafelberg-Uitgewers.
Saamgestel deur Danie Botha). [Harde sagteband. Baie goeie toestand met s/o.
Boodskap aan vorige eienaar op veb. 87 p. Eerste druk 1973] R125-00
……………………………………………………………………………………………..
091 BAKKES, Margaret: Ontheemdes. Vertellings van ander mense, ander plekke en
ander tye. [Harde sagteband. Baie goeie toestand. 77 p. Eerste uitgawe 1985]
R75-00
092 BAKKES, Margaret: Sing vir ons, Matilda. Verhale oor die begin en die einde.
[Baie goeie toestand met s/o. 78 p. Eerste uitgawe 1979] R125-00
…………………………………………………………………………………………….
093 BOERNEEF: Versamelde Prosa. [Baie goeie toestand met s/o. 508 p. Eerste
uitgawe 1979] R350-00
094 BOSMAN, Herman Charles: A Cask of Jerepigo. [Baie goeie toestand met s/o.
245 p. Eerste uitgawe in hierdie formaat 1972] R200-00
095 CONRADIE, Frans: Werda? `n Geskiedkundige roman uit die Anglo-Boereoorlog.
[Baie goeie toestand met s/o. 128 p. Eerste uitgawe 1981] R150-00