Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
148 views

C D Hugo et al

Page 1
posts 1–10 of 10
regular - member
198 posts

Het pas Maankind se korrespondensie met Carina DH gelees en gegiggel - en ek giggel nie sommer nie. Die rede vir my joliejuk is die dame se arrogansie of liewers vermetelheid om te stel dat enigiets wat deur iemand anders gedoen word om Afrikaanse boeke te bevorder - buiten die "pogings" deur uitgewers en ge-opinieerde mense soos sy - nie goed genoeg is nie.

Ek dink die rede dat Boekemakranka bestaan is juis 'n uitvloeisel van daardie standpunt. Daar is heelwat erkende skrywers daarbuite (en nee ek gaan nie name rondgooi nie, maar daar is 'n paar van hulle) wat baie entoesiasties is oor die hele idee van 'n 100 beste Afrikaanse boeke - wat deur lesers self gekies word.

Ek dink dis tyd dat mense soos me Hugo van hulle troontjies afklim en daadwerklik begin om boeke en digbundels van nuwe Afrikaanse skrywers wat gepubliseer word ordentlik te bemark en op te hou om klippe te gooi na ander groepe en mense wat Afrikaans wil lees vir die lekkerte en die liefde daarvan.

Ek sal ook graag wil weet wat sy as kriteria beskou vir 'n boek om op ons 100 beste lys geplaas te word. En wat is verkeerd met boeke wat in Afrikaans vertaal is? Dink net aan al die wonderlike boeke wat ek sou gemis het as dit nie uit Duits, Frans, Nederlands, Russies en wat ook al, vertaal is nie.

In elke geval dis my beskeie opinie - het klaar gestem vir my gunstelinge. Kan nie wag vir die uitslag nie.

novice - member
11 posts

Stem 100% saam! Dit gee my regtig 'n pyn dat sekere mense hulle opinies as die enigste aanvaarbares beskou en dit is uiterse arrogansie om die lys so heftig te kritiseer. Ek weet ook van baie "geleerde" mense wat hierdie
lys as 'n heerlike "leesrigtingwyser" beskou. Ek ook.

superstar - member
291 posts

Ek stem volmondig saam met anita. Ek het net benoud geword toe ek begin lees wat jy van Me Hugo wil sê. Eintlik is hierdie die fight van die Hugos!

Meer ernstig, die mense kyk verby die feit dat hierdie eintlik 'n Lekkerlees-lys is. Nie 'n lys van 100 wat deur hoëbolhoedens opgestel is nie. Daardie lys is die een waardeur baie mense worstel, net om ook saam te kan praat. Hierdie lys van Boekemakranka gaan die een wees wat mense sal raadpleeg voordat hulle boeke gaan koop, boeke om te lees.

Hoe ouer ek word hoe meer wil ek saam met vriend John stem. Daar is hoegenaamd geen rede hoekom ek 'n boek moet lees nie. As dit nie vir my, die leser, lekker is om die boek te lees nie, maak ek dit toe en neem 'n volgende een, daar is so baie. My vriend John deel toevallig 'n huis met Maankind, maar dit het gelukkig nie 'n nadelige uitwerking op ons vriendskap nie.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
rookie - member
4 posts

Liewe kritici

Ai, mense, ons is almal lief vir boeke en wil soveel as moontlik doen om Afrikaanse boeke 'n hupstoot te gee. Net omdat ek kritiek het, word ek nou bestempel as "verwaand" en wie weet wat. Dis maklik om beledigings rond te slinger as jy onder skuilname skuil, of hoe kadys en kieta? Bietjie moeiliker as 'n uitgewer jou opdrag gee, Litnet betaal sodat jy een van die loodsbloggers kan wees en vra dat jy oor jouself skryf, foto's plaas, ens. As ek dit self wou doen, sou ek al lankal 'n blog begin het. En is die doel van leeslyste nie juis om mense aan die praat - aan die gons! - te kry oor boeke nie?

My besware oor die lys was dat 'n klomp uitstekende, lekkerleesboeke weer eens gemarginaliseer word omdat mense nie redelike kans gegee is om bydraes te lewer nie. En nee, ek praat nie van kinder- en jeugboeke nie, ek praat van boeke deur Chris Karsten en Jan van Tonder, heerlike, toeganklike gedigte, die fantastiese vertalings uit Nederlands en Frans wat tans beskikbaar is, ens. Anita-dek, ek het juis gevra waar die vertalings is... :-)

Die stemproses was vreemd, maar Maankind het dit verduidelik. Baie dankie. Ek voel net as daar wyer mense genooi is om aan die stemproses deel te neem, sou 'n mens meer mense gelok het, meer mense sou besit geneem het van die idee van die lys, Boekemakranka sou great publisiteit gekry het en daar sou eenvoudig meer mense bereik word.

Vir die opgewondenes: ek beskou nie my opinie as die allesomvattende waarheid nie. Gesprek is welkom. Ek is nie verwaand nie. Ek is nie betrokke in die "literêre" wêreld nie, maar wel die boekewêreld. Dit is nie suurdruiwe nie - ek is immers 'n kinderboekskrywer en hierdie is 'n fiksielys.

Laat die gesprek voortgaan!
Carina

superstar - founder
993 posts

Carina, pleks ons jou in die nominasie-proses al bygetrek het! Dan het ons lankal meer publisiteit gehad. Dankie weer dat jy die moed gehad het om jou besware te lug, en so in die spervuur beland het.

Ek het geen twyfel dat ons met hierdie lys gaan bereik, presies dit wat ons voorsien het nie. Mense praat daaroor, kyk daarna, en druk dit uit. Meer as een persoon het reeds aangedui dat hulle die hele nominasielys uitgedruk het, voordat dit wegkrimp na net 100 boeke. Hierdie lys moet saam biblioteek en veral boekwinkels toe.

Dis tog uiteindelik waaroor dit gaan - BOEKE.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
11 posts

Ja, dankie maankind, ek is een van die baie wat die hele nominasielys uitgedruk het en reeds al alle boeke gemerk het wat ek nog wil lees. Ek bly baie opgewonde daaroor en kan nie wag om met die stapel boeke met vakansie te gaan nie. Ek het die lys ook na vriende aangestuur en dink julle gaan veel meer met hierdie lys bereik as wat julle voorsien het! Geluk!

superstar - founder
993 posts
Oor vertalings, sommer net so terloops. Wie ken Passievrug, van Karel Glastra van Loon? Ook sommer 'n lekkerlees-boek. Onthou die naam, die boek vat aan jou hart.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
guest
0 posts

Ek het begin om LitNet se Top10-lyste en Boekemakranka s'n te konsolideer. Ek weet nie regtig wat die werd sal wees nie, behalwe dat daar so veertig mense op die LitNet-lyste is wat hulle gunstelinge gegee het (baie Engelse titels, maar daar is tog Afrikaans ook).

Sou dit die moeite werd wees om aan te gaan (ter wille van 'n wyer poel menings?) Dis nie asof ek niks anders het om te doen nie :)

Carina, ek is Nadia de Kock. Ek probeer hard, maar raak nie ontslae van hierdie skuilnaam nie; as ek aanteken, is dit outomaties onder Sabina's. Sal eendag een van my slimmer IT-kollegas vra om dit vir my uit te sort.

superstar - member
223 posts

carina, trisa is reg - jy het gehelp om die proses wyer dekking te laat kry. kom ons beskou dit as 'n vertrekpunt. ek hoop jy het al gestem en al is daar nie 100 boeke wat jy fancy nie sal daar seker 'n paar wees waarvoor jy kan stem. vat 'n kans, dalk wen jy 'n datsun. sienende dat jy die hand uitsteek neem ons dit graag. ek trek my woorde terug - jou onderrok hang nie uit nie. ek weet nie van een skrywer op die lys en van die lys af wat ASPRIS n 'swak' boek wou skryf nie. 'n skrywer poog maar om die wereld 'n kykie deur die kleur van sy persoonlike oog te gee. kleurblindheid is nie sondig nie. spooktrap.abrham.

superstar - member
291 posts

Nee wat, Carina, vir my naam was ek nog nooit skaam nie. Op LitNet het ek aanvanklik onder die naam Kadys geskryf en later onder my eie naam, Lidia Theron.

Daar sien jy nou, ek hou self nie daarvan om onder 'n skuilnaam te skryf nie, dis net soms prettig. Ek is bereid om enige iets wat Kadys kwytraak onder my eie naam te herhaal.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
Page 1
posts 1–10 of 10

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now