NUUSBRIEF – November 2008
Nuusbrief van LAPA Uitgewers
Die somer is uiteindelik hier en ons vier dit met twee voortreflike kookboeke. In Braaitreffers stel Hannetjie Joubert, die eerste Braai-koningin van die Vleisraad, die beste van haar resepte ten toon. Onthoukos bevat nostalgiese disse van ons land se top-kokke – ideaal vir jou eie ontdekkingsreis of ’n geskenk. Dit bevat resepte deur Cas Abrahams, Ina Paarman en ander.
Nóg twee boeke van die populêre kinderboekskrywer Jaco Jacobs verskyn hierdie maand:
’n Brulpadda in my tas: vrolike, vreemde en vreeslike verse
http://www.lapa.co.za/mybasket/product.asp?PublicationID=2794
asook Die probleem met dinosourusse: As jou vriende ’n klomp reuse, raserige dinosourusse is, kan dinge nogal moeilik raak. Veral as hulle boonop saam skool toe gaan ...
http://www.lapa.co.za/mybasket/Product.asp?PublicationID=2790
In Sprokies word die mooiste klassieke sprokies deur Wendy Maartens oorvertel vir die perfekte slaaptydstories.
http://www.lapa.co.za/mybasket/product.asp?PublicationID=2792
Die Gevoelens-reeks, vir kinders oor drie jaar, is pas herdruk:
Ek voel gelukkig
http://www.lapa.co.za/mybasket/Product.asp?PublicationID=2788
Ek voel kwaad
http://www.lapa.co.za/mybasket/Product.asp?PublicationID=2787
Ek voel hartseer
http://www.lapa.co.za/mybasket/Product.asp?PublicationID=2786
Ek voel bang
http://www.lapa.co.za/mybasket/Product.asp?PublicationID=2789
KOOKKUNS
Wat onthou jy as van die lekkerste kos van jou kinderdae? Tradisionele Suid-Afrikaanse resepte word met ’n moderne interessantheid voorgesit deur koskenners soos Atta Jantjies van Piketberg, Cass Abrahams en Ina Paarman in Onthoukos.
http://www.lapa.co.za/mybasket/Product.asp?PublicationID=2774
Braaitreffers bevat heerlike braairesepte – van voorgeregte en bykosse tot by ketelbraai en nageregte. Of jy nou vis, biefstuk, skaapvleis, vark of hoender verkies, dié boek het iets vir jou.
http://www.lapa.co.za/mybasket/Product.asp?PublicationID=2793
VROUEFOKUS
Die Tuiskoms is Sophia Kapp se vierde liefdesroman, en handel oor ’n jong vrou wat na haar tuisdorp terugkeer om die geheime wat sy daar agtergelaat het in die oë te kyk.
http://www.lapa.co.za/mybasket/Product.asp?PublicationID=2784
Ver wink die Suiderkruis, deur die gewilde Irma Joubert, vertel die voorgeskiedenis van Tussen stasies en is ook nou beskikbaar.
http://www.lapa.co.za/mybasket/Product.asp?PublicationID=2785
FIKSIE
Spekskiet is ’n versameling ou en nuwe volksverhale waar die grense van die waarheid ’n bietjie (soms baie) gerek word.
http://www.lapa.co.za/mybasket/Product.asp?PublicationID=2790
Pieter Strauss se Bitterboela en soetgousblom bevat nóg lekker verhale uit die Boesmanland, vertel in die outentieke Boesmanlandse taal wat so plesierig in mens se ore kom lê.
http://www.lapa.co.za/mybasket/Product.asp?PublicationID=2777
Besoek ons by www.lapa.co.za – daar is ’n boek vir elke smaak en belangstelling. En onthou: al jou boeke word gratis verpak en gepos!
Vriendelike groete
LAPA