Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
42 views

Re resensies

Page 1
posts 1–1 of 1
regular - member
198 posts

Net om te antwoord op galjoen31 se opmerking oor wie die gewone leser is.

Mense soos Aucamp en de Vries se verhale is toeganklik vir almal. Omdat die tipe werke as letterkunde beskou word, dink baie "gewone" mense op straat dit is buite hulle vermoë. Dis hier waar die resensent die kans het om hierdie mense (en glo my daar is baie van hulle - kyk maar na boekklubs en leeskringe) wat bittergraag ook "letterkunde" wil lees, maar van mening is hulle sal dit nie verstaan nie.

Wanneer dit kom my werke soos die van Breytenbach, Etienne leRoux en van die ander grotes is leiding nodig. Hierdie skrywers se werk (veral die van leRoux) bevat soveel onderstrome en simboliek dat mens rerig omtrent 'n literêre agtergrond nodig het om dit te verstaan. Ek het leRoux se werk eers na behore verstaan nadat ek 'n grondige studie van die Griekse mitologie en Jungiaanse sielkunde gedoen het. Baie van Breytenbach se werke het 'n mistieke Oosterse en self Boeddistiese inslag ens ens. Dit beteken egter nie die werke behoort nie deur die "gewone" lesers gelees te word nie. Met slim resensies en ook met bietjie moeite deur die leser self, gaan daar 'n wonderlike wêreld vir hulle oop. Ek weet, want dis wat met my gebeur het en ek het al gesien hoe blom mense as hulle 'n skrywer se werk kan geniet omdat iemand die moeite gedoen het om hulle daarheen te lei.

Boekresensente het volgens my 'n groot opvoedingstaak en dis hoekom ek so skop teen hoog akademiese en literêre resensies - jy laat 'n kans verbygaan om êrens iemand te oortuig dat letterkunde nie so moeilik is nie. Dis tog aan die einde van die dag waaroor resensies gaan en hoekom mense boeke skryf en publiseer - so dat dit gelees moet word.

Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now