Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
85 views

Re resensies nav vis31

Page 1
posts 1–3 of 3
regular - member
198 posts

Het nou eers bogenoemde die opmerking oor resensente gelees.

Ek stem nie heeltemal saam met die feit dat hy resensente vergelyk met mechanics, tandartse ens nie - daar is 'n moerse verskil.

Vakmanne soos tandartse ens se werk aan jou kar of jou mond word nie bespreek nie en het nie aanbevelings nodig ten einde die produk te laat slaag nie (Hoewel ek bladsye kan skryf oor swak werk deur mechanics en tandartse en die hemelhoë pryse wat hulle vra).

Die doel van 'n boekresensie is om die skrywer se werk te beoordeel nav styl, inhoud ens ens (sogenaamde letterkundige reëls ens). Daar moet egter 'n duidelike onderskeid gemaak word tussen letterkundige kritiek (digkuns, dramakuns, prosakuns en romans - dws die Aucamps, Cussons, Breytenbachs , Brinks ens ens) wie se skryfwerk buite die begripsvermoë van die gewone leser is. Hier is dit nodig dat insig in die skrywer se werk gegee moet word ten einde die leser se belangstelling te prikkel. Dit bring my weer by my algemene klagte teen letterkundige resensies - net omdat 'n kenner 'n letterkundige werk resenseer, beteken nie dat hy buite die begripsvermoë van die gewone leser kan skryf nie. Die kuns lê juis daarin om iemand soos Breytenbach se gedigte so te bespreek dat die gewone ou op straat ook daarin sal belangstel (en ek ook - Breyten se werk is heeltemal te ingewikkeld vir my so ek soek iemand om dit vir my te verduidelik - om een voorbeeld te noem). Jy kan 'n letterkundige werk resenseer sonder om akademiese en literêre taal te gebruik (lyk vir my soms of die hoger geleerdes vergeet het hoe om gewone Afrikaans te gebruik).

Dit bring my by die ander sy van resensies - populêre fiksie, liefesromans, rillers, wetenskapsfiksie ens ens - die boeke (op enkele uitsonderings na) hoef nie literêr beskryf te word nie en derhalwe hoef die boek nie noodwendig deur 'n letterkunde-kenner geresenseer te word nie. Iemand met 'n boekagtergrond en basiese kennis van die genre kan dit doen mits hy riglyne kry waarvolgens hy moet werk. (Hoop om in 2009 so 'n handleiding te skryf - so enige bydraes is welkom).

So vis31 dis nie 'n kwessie van dat letterkundiges se kennis en vakterminologie geïgnoreer word nie - dit hang af van die werk wat jy moet bespreek. Ek sal beslis nie drie maande lank werk aan 'n bespreking van Nanette van Rooyen se Chinchilla, of aan Kroniek van Perdepoort, as dit in dieselfde kategorie val as een van Ena Murray se liefdesverhale is nie.

Hoewel ek Philip se Vos se verse uitermate geniet, kan jy dit nie in dieselfde asem noem as digkuns sê maar van Van Wyk Louw, Eybers of een van die ander grotes nie en kan jy ook nie prosarubrieke in Huisgenoot se Blaaskans vergelyk met Hennie Aucamp of Braam de Vries se kortverhale nie. Daar is 'n groot verskil tussen gewone leesgoed en letterkunde en dit is iets wat elke boekredakteur en resensent wat hulle sout werd is, moet onthou.

Aan die einde van die dag het boekeredakteurs en resensente 'n plig om die gewone man op straat wat dalk nie 'n akademiese of literêre agtergrond het nie, se belangstelling sodanig te prikkel dat hy bereid is om letterkunde in Afrikaans te lees en te geniet - en dit kan nie gedoen word deur resensies in hoogdrawende Afrikaanse en onverstaanbare vakterminologie te skryf nie.

novice - member
38 posts

As "die Aucamps, Cussons, Breytenbachs , Brinks (...) se skryfwerk buite die begripsvermoë van die gewone leser is" waarom is dit nodig dat "insig in die skrywer se werk gegee moet word ten einde die leser se belangstelling te prikkel"? Hier word duidelik bedoel die "gewone leser".

Wat is die "gewone leser"? Hoe lyk hierdie leser? Watter soort boeke lees hierdie leser? As hierdie leser nie die "Aucamps, Cussons, Breytenbachs, Brinks" lees nie, waarom bodder om tot hul vlak neer te daal - dis tog duidelik tevergeefs? Dan sou dit tog meer sin maak om vir die INGELIGTE LESERS/DIE GEINDENTEERDE LESERS/DIE LESERS WAT LETTERKUNDE GENIET EN VERSTAAN te skryf? In gesofistikeerde literêre terme?

novice - member
23 posts

Anita, ek stem so saam met wat jy sê. Ek is net baie lief vir lees, maar stel nie regtig belang om Ena Murray se liefdesverhale te lees nie. Ek geniet Hennie Aucamp, Breyten ens. Wat ek wel nodig het is dat iemand dit vir my in gewone
afrikaans kan beskryf, my prikkel om dit te koop en dan ook dit te verduidelik.
Dis heerlik om ander se menings oor goeie afrikaanse literatuur te hoor.
Dis die hoof rede dat ek elke dag op boekemakranka kom rond kyk. Daar is nie
altyd daar buite genoeg goeie resensies en besprekings oor boeke wat vir die leek verduidelik wat hy nou-net gelees het nie.
Op die manier kan baie meer mense ook dalk geprikkel word om van hierdie werke
te lees.

Page 1
posts 1–3 of 3

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now