Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
134 views

Boekemakranka se top 100 Afrikaanse Leeslys

Page 1
posts 1–8 of 8
superstar - founder
993 posts

Kites het met die wonderlike idee vorendag gekom dat ons hier by Boekemakranka ons eie lys van Top 100 Afrikaanse boeke opstel. Soveel keer in die verlede het ek al raakgelees dat mense vra na so lys, maar sover ek weet is daar nie so iets beskikbaar nie.

Dis 'n idee wat my baie opgewonde gemaak het, en nadat ek Kites se lysie van sy gunsteling Afrikaanse boeke onder oë gehad het, het ek besef wattter taak dit gaan wees. Sy lysie bevat 286 titels, en meeste daarvan is klassieke en ouer werke.

Lede van hierdie forum is almal boekliefhebbers, en by uitstek geskik om so 'n lys saam te stel. Om boeke op te stem en af te stem.

Ek gaan Kites se lysie as vertrekpunt gebruik, en net 'n paar van die titels vat en hier opsit, en dan kan elke persoon sy lysie van gunstelinge hier bysit. Ek sal Die Lys agter die skerms verwerk en byhou, en dit dan gereeld (miskien weekliks) met die meningspeiling fasiliteit hier opsit. Op hierdie manier gaan ons by 'n fantastiese lys uitkom, wat dan jaarliks hersien kan word.

Wie stem vir hierdie een?

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
14 posts

baie cool idee!Marita van der Vyver moet ASB ASB op hierdie lys wees!lekker dag vir almal!

regular - member
118 posts

'n Baie goeie idee, Maankind! Miskien word Boekemakranka se honderd beste boeke nog die finale, beslissende lys vir boekliefhebbers en lesers in Suid-Afrika. Boekhandelaars sal dit as riglyn gebruik, uitgewers sal daarop ag slaan en skrywers sal daarna streef om eendag op Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Boekelys te beland! En resensente sal dit nie waag om 'n boek wat hierdie lys gehaal het ooit te kritiseer nie.

'n Mens mag droom . . .

__________________
Annemari
superstar - founder
993 posts

Dis presies waaraan ek gedink het, Poljonsie. Presies net dit. Kites is bepaald 'n man met idees!

Adele, Griet skryf 'n sprokie is heel eerste op, moenie vrees nie. Ek sit voorlopig net een boek per skrywer op die konsep-lys.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
291 posts

Maankind, jy het my stem ook!

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
novice - member
19 posts

Trisa, ek hoop dis reg as die "kiesers" meer as een boek per skrywer nomineer, anders raak dit darem erg eng!

superstar - founder
993 posts
Natuurlik is dit reg as meer as een boek per skrywer die lys gaan gaal. Die enigste rede waarom ek die lys afgeskop het met net een boek per skrywer, is sodat mense nie moet dink ek het persoonlike gunstelinge wat ek wil 'druk' nie. Jy sal ook sien die lys bevat ook nie altyd die gewildste keuse wat jy dalk van 'n spesifieke skrywer sou verwag nie.

Hierdie moet 'n demokratiese Boekemakranka lys wees, opgestel deur die lede van Boekemakranka.

So laat waai, julle! Teen Vrydag verskyn daar dan 'n nuwe, opgedateerde lys.

Onthou om die HIER te gaan plak.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
rookie - member
5 posts

het iemand al gedink aan die telefoongids
dit kan dalk die leeslys haal
niemand kan stry nie die boek is rerig karaktervol

__________________
OOM ANDRIES
Page 1
posts 1–8 of 8

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now