Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
514 views

Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys

Page 1 · 2
< older posts 21–25 of 25
superstar - founder
984 posts

Ita, kortverhale is beslis lekkerlees leesstof. Ek dink dit is die kriterium en dit sal dus draaiboeke/verhoogstukke uitsluit, maar dagboeke/reisverhale insluit.

Ek dink ook ons moet met die ouer boeke mooi besin - Dit is goeie/klassieke literatuur, maar as dit nie meer algemeen beskikbaar is nie, kan dit dalk nie aanbeveel word vir 'n lekkerlees leeslys nie.

Ons doel is nie om 'n lys van die 'beste' literatuur oor die afgelope eeu saam te stel nie, maar om vir mense 'n Lys te gee van boeke wat gewild is onder boekeliefhebbers. Ons gee dus ook geensins voor dat die lys wetenskaplik saamgestel is nie.

Wat dink julle?

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
23 posts

Jan Rabie - Die groot anders-maak
Petra Muller - In die omtes van die hart

Nog twee wat ek nie op die lys sien nie.

rookie - member
2 posts

Hi daar,

Ek sal graag van die ouer klassieke boeke hier wil sien of dalk op 'n alternatiewe lys (Klassieke Afrikaanse Boeke Lys). Dankie vir almal se wonderlike boeke idees.

Groete uit Kanada
Lizette

superstar - founder
984 posts


Lizette, dankie vir jou kommentaar. Daar was verlede jaar van die ouer, klassieke werke ook op die lys, maar daar was kritiek op, en heel geregverdig so. De doel is nie om 'n lys van 'Beste Boeke' saam te stel nie, maar van gunsteling-, lekkerlees-boeke. Een van die voorwaardes om 'n boek te nomineer was juis dat dit geredelik beskikbaar moet wees.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
rookie - member
8 posts

. De doel is nie om 'n lys van 'Beste Boeke' saam te stel nie, maar van gunsteling-, lekkerlees-boeke. 

-maankind

Ek stem heeltemal saam maankind. Stories soos 'Fiela se Kind' is nou al so oud soos die berge, maar dit lees lekker. Dit laat jou met 'n warm gevoel in die lyf. Daar is 'n paar ander skrywers wat in my mening - een keer te veel in die Thesaurus geloer het - en dit voel soms meer of jy 'n sielkundige boek moet ontleed as bloot lekkerlees. Weereens Trisa... dankie vir jou moeite met hierdie leeslys. Dis hoogtyd dat Afrikaans so iets kry.

Page 1 · 2
< older posts 21–25 of 25

Reply to: ‘Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys’

Membership Required

You must be a member to post in this Forum

join now