Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
255 views

The Shack – William P. Young

Page 1
posts 1–6 of 6
novice - member
13 posts

Ek skryf hierdie boekbespreking met ‘n goeie skoot omsigtigheid. Ek dink hierdie boek kan nogal omstrede raak en sal verskeie reaksies van verskeie mense uitlok, afhangende van hoe diep jou geloofswortels lê.

Hierdie boek is besig om ‘n blitsverkoper te word, veral onder studente, dié studente wat hulself as deel sien van die Opkomende Kerk in Amerika.

Uit 102 resensies, kry die boek by drie-en-negentig resensente vyf sterre en slegs by twee net een ster. Doen mens ‘n soektog na die boek op blogs en webwerwe, vind jy dat die byna eenstemmige gevoel is dat die boek iets wonderliks is. Die boek is eers in Mei hierdie jaar vrygestel, maar trek reeds by sy vierde druk. Die boek se genre word beskryf as teologiese fiksie.

Omdat hierdie spesifieke genre sekere beperkings het, moet mens dit in gedagte hou as jy die boek lees. Dit is soms moeilik om regtig te verstaan wat die skrywer probeer sê. Soms kan die leser onseker wees oor wat die skrywer sê en wat die karakters sê. Ek weet dit klink dalk dubbelsinnig, maar onthou – in teologiese fiksie kan die skrywer nie tekse en verwysings uit die Bybel aanhaal om homself te verduidelik of ‘n punt te beklemtoon nie. Mens moet dus eers die storie lees, probeer verstaan wat die skrywer wil sê en dit dan vergelyk met die Bybel.

Daar moet ook in gedagte gehou word dat hierdie tipe fiksie ‘n emosionele impak het en dus maklik manipulerend kan inwerk op die leser en hom laat vergeet wat is waar en wat is nie. Met die lees van so ‘n boek, moet jy nie op jou emosies vertrou nie, maar eerder probeer koelkop dink. Ek wou sê logies dink; maar geloof is nie regtig logies nie, né. Dis juis om te glo in die dinge wat jy NIE kan sien nie – geen logika daaraan verbonde nie.

Ek persoonlik dink nie die boek se skryfstyl is van die beste nie, maar soos die boek vorder en die verhaal self oorneem, word die boek makliker om te lees. Die storie op sigself is interessant genoeg, maar skiet te kort aan oorspronklikheid, maar in die geheel is dit ‘n leesbare boek en word dit nooit regtig vervelig nie.

Maar die boek is beslis nie slegs geskryf vir die storie nie. Die hele fokus is op die spirituele en emosionele impak van die storie.

The Shack vertel van Mack (Mackenzie) Philips. Vier jaar voor die storie begin, is Mack se jongste dogter, Missy, gedurende ‘n gesinsvakansie ontvoer. Al is haar liggaam nooit gevind nie, vind die polisie wel genoegsame bewyse dat sy wreed vermoor is deur die berugte “Little Ladybird killer” in ‘n verlate hut diep in die bosse. Hierdie reeksmoordenaar het toe reeds verskeie dogtertjies ontvoer en vermoor en elke keer ‘n klein “ladybird” speldjie agtergelaat as sy handtekening op die plek waar hy sy slagoffer steel. Die storie begin waar Mack, wat steeds na vier jaar sukkel om sy dogter se dood te verwerk, ‘n vreemde nota ontvang wat hom terugnooi na die hut. Dit blyk dan dat die nota van God kom, wat Mack uitnooi nie die misdaadtoneel. Mack dink dis die toppunt van wreedheid.

Ek gaan nie die res van die storie bederf nie. Soms was die verhaal vir my regtig effe verregaande, self vir my wat nie ‘issues’ met my geloof het nie. (My persoonlike geloof staan sterk en ek verkies om maar net soos 'n kind te glo.) Maar aan die anderkant is ek bly ek het dit gelees. Dit sou wonderlik gewees het as mens kon WEET dat sekere dinge regtig is soos wat dit in die boek uitgebeeld word. En dalk is dit presies net so. Hoe sal mens ooit WEET? Ons kyk deur ‘n spieël in ‘n raaisel.

Daar is dele in die boek wat ek gemerk het omdat ek dit regtig insiggewend gevind het. Nie omdat dit slegs op godsdiens van toepassing is nie, maar ook sommer op die lewe in die algemeen.

Daar is ‘n gesegde wat sê; “Beauty lies in the eye of the beholder.” Tog so waar. In die boek skryf Young:
“It is quite simple really. Being always transcends appearance – that which only seems to be. Once you begin to know the being behind the very pretty or very ugly face, as determined by your bias, the surface appearances fade away until they simply no longer matter. God, who is the ground of all being, dwells in, around and through all things – ultimately emerging as the real – and any appearances that mask that reality will fall away.”

Daar word ook in die boek gepraat oor hiërargie en dat die mens nie kan oorleef sonder dat daar ‘n rangorde is nie. God verduidelik aan Mack dat daar nie ‘n rangorde is tussen die drie entiteite van die Drie-Enigheid nie:
“Mackenzie, we have no concept of final authority among us, only unity. We are in a circle of relationship, not a chain of command. Hierarchy would make no sense among us. It is a human problem. Humans are so lost and damaged that to you it is almost incomprehensible that people could work or live together without someone being in charge. Every human institution that I can think of, from political to business, even down to marriage, is governed by this kind of thinking.

It’s one reason why experiencing true relationship is so difficult for you. Once you have a hierarchy, you need rules to protect and administer it, and then you need law and the enforcement of the rules, and you end up with some kind of chain of command or a system of order that destroys relationship rather that promotes it. You rarely see or experience relationship apart from power. Hierarchy imposes laws and rules and you end up missing the wonder of relationship that we intended for you.”

Verderaan verduidelik die Heilige Gees vir Mack die volgende:
“Evil is a word we use to describe the absence of Good, just as we use the word darkness to describe the absence of Light or death to describe the absence of Life. Both evil and darkness can only be understood in relation to Light and Good; they do not have any actual existence. Light and Good actually exist.”

En laastens oor ons liewe Aarde:
“Our earth is like a child who has grown up without parents, having no one to guide and direct her. Some have attempted to help her, but most have simply tried to use her. Humans, who have been given the task to lovingly steer the world, instead plunder her with no consideration, other than their immediate needs. And they give little thought for their own children who will inherit their lack of love. So they use her and abuse her with little consideration and then when she shudders or blows her breath, they are offended and raise their fist at God.”

Dan is daar dele in die boek waarmee ek persoonlik glad nie saamstem nie. Volgens Young is God ‘n soewereine Wese, maar word terselfdertyd ingeperk deur die mens se vrye wil. Aan Mack word dit so verduidelik:
“There was no way to create freedom without a cost.”

Met ander woorde God is die gevangene van die mens se vrye wil en hy moet dinge laat geskied volgens die mens se keuses om Sy integriteit as Skepper te behou. Nee, ek glo God is soewerein, selfs ten koste van die mens se vrye wil. Ons onvermoë om te verstaan hoe dit werk, beteken nie dit is nie so nie.

Die grootste deel van die storie fokus op vergifnis – Mack moet sy dogtertjie se moordenaar vergewe. Onvoorwaardelik vergewe. Mack sluk moeilik hieraan. Ek ook.

Selfs in die Bybel is dit duidelik dat berou eers vergifnis moet voorafgaan. En tog, in ‘n land soos Suid-Afrika, waar geweldsmisdaad hoogty vier, het ek tog ook al in koerante gelees hoe mense die oortreders vergewe, sonder dat daar werklik sprake van berou van die oortreder se kant was. Een so ‘n spesifieke geval wat ek sommer so uit die vuis onthou, was die van Amy Biehl se ouers wat haar moordenaars vergewe het. Geloof of te not – ek dink ek sou maar gesukkel het met daardie een.

Onder konserwatiewe Christene word die boek nie heeltemal met ope arms ontvang nie. Daar is ‘n algemene gevoel dat die boek te ver wegdwaal van die Bybelse waarhede en dekonstruktief is teenoor die Christelike teologie. Volgens hulle is Young se geloof nie heeltemal die Bybel se geloof nie.

Lees maar self en besluit vir jouself. Ek is nie minder of meer gelowig na die lees hiervan nie, maar ek het wel ‘n paar waarhede raakgelees en dit alleen was die lees ook werd.

__________________
Woorde huil soms lang trane van die hart, woorde huil soms tot alles heel raak, tot alles nuut raak, tot jy weer mens raak. (Jak de Priester)
superstar - founder
993 posts
SonKind, net omdat jy my aan Trust Me, van Lesley Pearse voorgestel het, gaan ek hierdie een ook lees. Dankie dat jy jou indrukke so volledig met ons deel.

My lysie van lees word langer en langer.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
291 posts

Aan toeval glo ek lank reeds nie meer nie, maar wil net met julle die volgende deel. Net gister loop ek The Shack by my vriendin in die Kaap raak. Dis haar eie boek en haar opinie daaroor het gemaak dat ek onmiddellik volgende in die ry staan om dit te lees.

Trust Me is natuurlik ook 'n boek waarvan die storie my vir baie lank gaan bybly.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
rookie - member
4 posts

Sonkind, wat jy sê was ook my ervaring.
Die boek is ook mos nou in Afrikaans beskikbaar.
Wat die boek vir my gedoen het was om my aan die dink te sit - oor myself in sulke situasies en my geloof, of gebrek daaraan.
Dit alleen maak dit die moeite werd om te lees, volgens my.

superstar - founder
993 posts

The Shack, deur William P. Young.

Ek het ‘toevallig’ in die CNA op die boek afgekom toe ek iets gaansoek het om te lees terwyl ek wag vir my kar om gediens te word. Toe ekby ‘n koffieplek gaan sit en lees, sien ek ‘n klomp kopieë vandieselfde boek uitgestal in ‘n Cum-boekwinkel reg langs die plek. “Agnee,” dink ek toe by myself. “As Cum dit verkoop moet dit seker weereen of ander ‘liewe Jesus’ storie wees, en ek is allergies vir ‘lieweJesus’ stories.” Maar wat, ek het toe die boek en begin lees.

Ek het gou agtergekom dat, as dit ‘n ‘liewe Jesus’ storie is, ditbeslis nie die gewone is nie. Dit gaan oor ‘n man wie se dogtertjie vanses jaar deur ‘n pedofiel ontvoer en vermoedelik vermoor word. Vir meeras drie jaar gaan hy in ‘n ‘great sadness’ in, en dan is daar skielik‘n geheimsinnige boodskap in sy posbus – ‘n uitnodiging om God teontmoet.

Ek voel my weerstand. ‘n Kennisgewing van God? Ja, ja. Maar ek lees verder.
Wat my laat aanhou lees het is die uitstekende verwoording van dieman se woede teenoor God. Ek kon só daarmee identifiseer! Dit was asofek myself in die boek sien. Geleidelik besef ek dat hierdie mandieselfde probleem het as so baie van ons wat die godsdiens vaarwelgesê het. Nathan Bond destyds op LitNet was vir my nog die bestevergestalting daarvan. Ons dink ons is kwaad vir God, maar eintlik isons verbitter oor die besef dat ons as kinders om die bos gelei is. Diebesef dat wat aan ons vertel is baie meer met mense se behoefte aan magen sekerheid te doen gehad het as met ‘liefde’.

Maar hoekom is ons om die bos gelei? Is dit nie maar dat ons ouersen onderwysers self as kinders om die bos gelei is nie? Die menslikebehoefte aan mag het deur die jare die boodskap van Jesus verdraai omdit te gebruik om presies dít te regverdig waarteen Jesus so gepreekhet! Selfs met al die verdraaiing van Jesus se woorde in die Bybel kanenige mens wat die boek met oop oë lees sien dat wat die kerk verkondigbitter min te doen het met wat Jesus self gesê het.

Jesus het my van kleins af gefassineer, en tog gebruik ek sy naamnog gereeld as ‘n vloekwoord. Ek het begin besef dat dit ‘n aanduidingmoet wees dat ek êrens nog heelwat woede teenoor Jesus – of in elkgeval die kerklike interpretasie van Jesus – in my moet hê.

Toe ek die boek lees was daar tye wat ek gedink het: “dis nou regtig‘n klomp tjol”. Veral toe Jesus in die prentjie kom. Maar ek hetbesluit om my oordeel tersyde te stel en aan te hou lees. Toe daarsprake van ‘n ‘wonderwerk’ is, dink ek aan my eie ervarings. As diekere dat geld op wonderbaarlike maniere verskyn het presies toe ek ditdie nodigste gehad het nie toeval was nie, en my hele wese wéét dit wasnie toeval nie, dan was dit ‘wonderwerke’. Dan werk géén wetenskaplikeverklarings nie. Dan is daar ‘n werklikheid wat ons huidige begrip van‘werklikheid’ ver te bowe gaan. As alles in elk geval illusie is wateffektief deur ons eie goddelike krag in stand gehou word, soos A Course in Miraclesen die boeddisme ons vertel, hoekom kan die illusies nie vorme aanneemwat ons ‘kennis’ van die werklikheid direk weerspreek nie?

Die boek het ‘n groot indruk op my gemaak. Eintlik maak dit nie eersvreeslik saak of dit ‘waar’ is of nie. Die boodskap daarvan is nie “jymoet in Jesus glo om gered te word, anders gaan jy hel toe” nie. Juisnie. Die boodskap is vergifnis, en die manier waarop dit in die boekdeurkom is vir my meesterlik. Ek kan dit werklik aanbeveel.Terselfdertyd kan ek amper met sekerheid sê dat omtrent elkeen wat dieboek lees iewers ‘n ervaring gaan hê van “dis ‘n klomp kak!” Ek beveeldit nog steeds aan.

(Douwe op sy blog)

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - founder
993 posts

Liewe Lettie skryf op haar blog:

Ek het The Shack toe klaar gelees, en ek moet erken dat ek van absolute "nie lus nie" beweeg het tot "ek hou daarvan".

Deel van my eie pakkie vooroordele is dat ek dadelik geïrriteerd is as daar 'n ophef van 'n Christelike ding (Oom Angus, Fireproof, The Shack ens) gemaak word omdat ek sulke goed 'n klomp mense op 'n bandwagon laat spring sonder dat hulle mooi dink oor (1.) die inhoud daarvan, (2.) die implikasies daarvan en (3.) die waarheid daarvan - hulle sien net almal like dit en dan besluit hulle hulle like dit ook. En dan like ek dit fkkl.

Ek dink hierdie spesifieke vooroordeel kom van 'n insident op hoërskool af. Joan Osborne se song "What if God was one of us?" was 'n groot treffer, en ek het ook daarvan gehou (ek dink nog steeds dis 'n cool song). Ons sing saam met die radio een aand en een girl sê hoe mal is sy oor dié song en hoe dit "waar" is. En almal beaam: ja, dis baie "waar". En ek dag wat 'n pot kak - die vrou probeer geen waarhede verkondig nie, if anything probeer sy juis sê "dink hieroor, wat gebeur as ..." En van daar af gee hierdie mentaliteit van "as dit van 'n preekstoel (van watter tipe ookal) kom moet dit mooi en waar en goed en reg wees" my 'n moerse gatkramp.

Anyway, so ek het The Shack uit daardie oogpunt begin lees. En ek het eers in die helfte van die boek versigtig my ingesteldheid verander.

Die kort weergawe: Die boek gaan oor Mack wie se dogtertjie wreed vermoor is 'n paar jaar gelede. Depressie oorval hom (obviously) en dan kry hy 'n vreemde nota wat lyk of dit van God kom. Hy gaan na die hut waar sy dogtertjie vermoor is en daar vind hy God. God leer hom allerhande dinge oor God, homself en die wêreld, en uiteindelik vergeef hy sy dogtertjie se moordenaar.

Wat ek super-interessant gevind het, was die skrywer se vasklou aan 'n drie-enige God. Dis amper 'n konserwatiewe standpunt om in te neem onder moderne teoloë, want die neiging die afgelope paar jaar onder liberale (nuut-denkende?) teoloë was om Jesus tot 'n mite te maak. En die skrywer is definitief nie konserwatief nie: in die boek sê God (in die vorm van 'n swart vrou) onder andere dat daar geen hel is nie, dat absoluut almal die ewige lewe sal beêrf en dat godsdiens 'n ritueel is om mense in bedwang te hou.

In die boek is God die Vader 'n swart vrou wat hou van kos maak, die Heilige Gees 'n klein, asiatiese vrou wat hou van tuinmaak en Jesus 'n midde-oosterse man, softspoken, almal se pêl en 'n skrynwerker. Volgens 'n vriendin van my het hy 'n bietjie gay oorgekom, maar ek het dit self nie so ervaar nie. Die doel van hierdie karakterindeling dink ek is om die leser se eie "Godsgrense" te toets.

Baie van die imagery kom uit die evangelies uit: Mack en Jesus loop op die water, Jesus krap met 'n stokkie in die grond, Jesus vang vis vir aandete ens.

Ek het op die ou end saamgestem met baie wat in die boek gesê word, maar bloot omdat ek self so dink. The Shack het dus niks verander aan my eie geloof nie, en ek dink nie dit was die skrywer se punt nie, maar dit het gesorg dat ek vir 'n week lank pal dít wat ek glo oordink.

Ek vind dit vreemd dat die boek so gewild is, want as presies dieselfde boodskap byvoorbeeld deur Harry Potter verkondig is, was JK Rowling weer op die brandstapel gegooi. Ek dink dis die "wat as" faktor: wat as God regtig 'n swart vrou is en wat as kerk nie meer saakmaak nie, wat as die skrywer reg is, dan moet ek dit seker glo en aanvaar as "waar". En dit is juis daardie houding wat my aan die begin van die boek afgesit het.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–6 of 6

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now