Het deur die lys wat Abrham gegee het gelees en gee hier my gunstelinge vir Engels - in gee spesifieke volgorde nie. As ek 'n lys moet gee van boeke om nie te lees nie, sal ek die res van die dag hier voor die rekenaar sit. Daar is net te veel "trash" en "rubbish" op die mark. So kom ons gee van ons gunstelingboeke - dis baie lekkerder
1. Lord of the Rings - Tolkien
2. Dune - Frank Herbert ( is steeds die beste scifi boek wat daar is)
3.Old Man and the Sea - Hemmingway
4. Anthem - Ayn Rand (kom nie verder as hoofstuk 3 met haar ander boeke nie)
5. Heart of Darkness - Joseph Conrad
6. Man and his Symbols - Carl Jung
7. A long night's Damage - Eugene de Kock
8. Angela's Ashes - Frank McCourt
9. Enigiets deur Shakespeare
10 Small Circle of Being - Damon Galgut
Dis maar net wat ek vinnig aan kan dink. More sal ek seker weer 'n ander lysie hê.
Afrikaans: Ook in geen spesifieke order nie
E le Roux se Sewe Dae by die Silbersteins
Enigiets van Hennie Aucamp
Oupa Landman se Viool
Swerfjare van Poppie Nongwena
Griet skryf 'n sprokie
Chinchilla van Nanette van Rooyen (het pas die lysie gehaal)
Die Groot Verlange van Leon Rousseau
Elsa Joubert se Die reise van Isobelle
Andre Brink se Sandkastele
Pieternella van die Kaap van D Matthee
Die lysie verander ook van tyd tot tyd - maar daar my lysies. Wag om te sien wat julle sê.
Broer Abrham - Is jy kwaad vir my????????