Nadia de Kock het die tweede prys gekry in Leserskring en NB-Uitgewers se liefdesroman kompetisie, met Sabina's, deur Nadia de Wet. Die boek het vandag vir die eerste keer in haar hande beland.
Nadia, ons is onbeskryflik trots op jou! Hoe voel dit?
Baie geluk, Nadia!! Ek dink dis wonderlik, laat mens bepaald goed voel, of hoe?
jou eie boek se blaaie ruik net anders, of hoe Nadia. Baie geluk.
Dankie, julle. Dit voel VREK lekker. EN die blaaie ruik anders, Abrham :)
Baie geluk Nadia. Ek hoop jy geniet elke oomblik van hierdie ervaring en dat jy sommer klaar besig is om die volgende een te skryf.
Dankie, Annelise. Moet se, dit voel bietjie onwerklik en ek wens dit wil nou insink. En ja, ek is besig met die volgende een. Skryf is vir my die lekkerste ding in die hele wereld.
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member