Van uitroep tot uitroep. Genugtig! Uitgewers verander hul naam na Joho!
Genugtig! Uitgewers edms (bpk) se naam verander amptelik in September 2008 na Joho!edms (bpk).
(HAT definisie van Joho: Uitroep van vreugde).
Genugtig! Uitgewers is gedurende 2003 as 'n stokperdjie begin om aan debuutskrywers diegeleentheid tot publikasie te gun. Die uitgewery is gebore uit 'n passie vir boeke en issydelings bedryf deur Reinet, Jackie en Dirk Nagtegaal, Bev Maritz en Jeanne Goosen.Elkeen het voltyds in 'n ander beroep gestaan met die uitgewery as 'n gesamentliketydverdryf. Binne die bestek van 3 jaar het 'n hele paar blitsverkopers en letterkundepryseegter so 'n onverwagte groei veroorsaak dat die oorspronklike aandeelhouers nie meer kon byhou om die stroom manuskripte te hanteer nie.
Die voltydse beheer en bestuur is in 2006 oorgeneem deur Jackie en Vera Nagtegaal saammet Bev Maritz. Waar daar eers net 'n paar publikasies per jaar verskyn het, het die drie vroue nou drasties meer projekte aangepak. Die aanvanklike stokperdjie het blitsig gegroeitot 'n volwaardige besigheid. Teen die middel van 2008 word die produksie van 2007 seboeke reeds met 100% verhoog om meer Engelse boeke en ook glanspublikasies in te sluit.
Een van die glanspublikasies was ‘Look at me’ deur Marlene le Roux wat nuwe fokus op Genugtig! geplaas het. ‘Look at me’ het ongekende media aandag geniet en steun vir dieboek het van alle oorde ingestroom. Die boek is in Augustus met die hulp van Grand West Casino en die British Council omskep in ‘n uitstalling wat landwyd toer en volgende jaar ookin die buiteland gaan draai.
Dan was daar ook Karin Cronje se ‘Alles Mooi Weer’ wat die letterkundige kringe se aandag geniet het en Genugtig! het ook hul eerste kinderboek ‘Bella-Blom en die Besonderse Ses’deur Marguerite Moon gepubliseer.
Beplande publikasies waaraan reeds gewerk word vir volgende jaar, verhoog reeds die uitgewery se boekproduksie vir 2009 met nog 'n verdere 100% . Vera Nagtegaal verseker dat daar 'n hele paar aandagtrekkers op hulle tafels wag vir die drukpers. Daar is onder andere ‘n hele paar groot-naam biografieë, ‘n reuse kookboek, 'n aangrypende novelle deur 'n 90-jarige en 'n hele paar omstrede titels wat verseker die tonge sal laat klap. En ja, die debuut skrywers kry verseker ook nog hul aandag.
Vir meer inligting, besoek gerus http://www.joho.co.za of kontak Vera by vera@joho.co.za of op 021 521 2000.