Kom kuier by die Taalmuseum saam met Jakkals en Wolf
Ter viering van Erfenismaand en Internasionale Geletterdheidsdag kuier Jakkals en Wolf vanaf Maandag 8 September tot Dinsdag 30 September by die Taalmuseum in Pastorielaan 11 in die Paarl.
Kom neem deel aan dié twee slimsterte se idioomjag - fantastiese pryse is op die spel vir beide leerders en volwassenes!
Die Taalmuseum is oop van Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 16:00 asook tydens Cultivaria op Saterdag 27 en Sondag 28 September van 09:00 tot 15:00. Toegang is R10 vir volwassenes, R5 vir studente en R2 vir kinders.
Vir meer inligting, of om 'n begeleide toer te bespreek, skakel 021 872 3441.
Isabeau Botha
Kommunikasiebestuurder I Communication Manager
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument
Ons volgende geleenthede:
· Erfenismaand: Erfenisdag vir leerders: 2 Sep., Kreatiewe skryfsessies vir leerders: 9 - 11 Sep., Volmaanpiekniek: 13 Sep., Pienaar van Niekerk uitstalling (Verbeelding): 18 - 27 Sep., Kom kuier saam met Jakkals en Wolf by die Taalmuseum: 8 - 30 Sep., Ontdek Afrikaans op 'n Chas Everitt Erfenistoer: 25, 26, 27 Sep., Sterrekykpiekniek: 26 Sep., Ommietafel met stories, met stories deur Chris Chameleon en ander: 27 Sep.
· Volmaanpieknieks: 17 Okt., 14 Nov., 12 Des.
T +27 (0)21 872 3441 / 0760 1760 26
F +27 (0)21 871 1106