Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
10 views

’n Kompliment uit Pole

Page 1
posts 1–3 of 3
novice - member
12 posts

Ons het tans twee wonderlike vriende op besoek. Pawel en Matylda kom uit Pole en hulle werk in Poznan. Albei is akademici.

Het julle geweet dat daar twee Poolse universiteite is wat Afrikaans aanbied? Pawel, ’n baie slim man met ’n PhD en Postdok, praat vlot Afrikaans. En hy lees baie Afrikaanse boeke.

Toe ek Byna Liefde aan hom wys, sê hy: “A, nie so depressief soos die ander Afrikaanse boeke nie!”

Lekker. Nie alle Afrikaanse boeke maak my depressief nie, maar dis die beste woorde wat hy daaroor kon spreek!

My uitgewer het my herinner dat die boek tans nog in aantog is na die boekwinkels. Dit sal op 2 September by alle goeie boekwinkels wees.

__________________
Izak
superstar - founder
993 posts

Izak, dis ongelooflik. Ek het ook 'n mooi storie wat 'n groot kompliment is vir Afrikaans - uit Duitsland. Ek sal dit elders opsit.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
291 posts

Lekker vir jou Izak!

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
Page 1
posts 1–3 of 3

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now