Heita kiewietan het ek geskryf om verstaan te kry oor hoe die ontvangers van apartheidwetgewing dit ervaar het. Ek het Kiewietan wat by my werksam is begin uitvra oor sy grootword. Ek het sy huis op Cassel besoek en van die karakters in die boek daar ontmoet. Ek het gepoog om werklike persone as karakters voor te hou. Meeste van die gebeure in die boek het Kiewietan self aan my oorgedra wyl ek ander self ervaar het. Baie van die gebeure op die myn en township het ek nagevors en het Steve Biko leer ken uit sy boek “ I write what I like” As 'n onervare skrywer was die vorm van die boek dalk nie vir my so belangrik as die inhoud nie. Ek wou die leser op 'n reis deur 'n swartmens se grootword vat. Die boek was nie 'n treffer nie en is ses weke na uitreiking deur Koos Kombuis in Rapport nek omgedraai.
Kritiek is iets wat nie lekker in enige mens se broek sit nie. Kiewietan het nie meer as 500 kopies verkoop nie. Aanvanklik het dit my ontstel en was ek kwaad. Ek het bewus geword dat dit net 'n langerige opstel is wat ek geskryf het en dat dit nie by almal sou byval vind nie. Naief reken mens dat jou skryfsel hoog aangeslaan sal word want aan subjektiwiteit het ons as mense nie tekort nie. Daar is mense wat die boek geniet en betekenis en vreugde daaruit geput het. Daarvoor is ek bly. Die proses om 'n boek te skryf en deur al die pyne gaan is exciting, soos boomklim – 'n adrenalien rush, veral die uitval.
Kiewietan was deel van my journey en het myself insigte laat ontwikkel wat ek nie gehad het nie. Of ek dit weer sal doen ... uhm, ongelukkig-gelukkig het ek. ‘Willemien word groot ‘ was my tweede poging en ongelukkig dalk meer kotroversieel as die eerste. Daaroor gesels ons 'n ander dag.