Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
63 views

Oop Kaarte en Langverlof

Page 1
posts 1–8 of 8
regular - member
118 posts

My naam is Annemari Coetser. Ek was een van die outeurs van Viersprong. In 2007 het my debuutroman Oop Kaarte by Tafelberg verskyn. Daar was 'n groot polemiek oor die boek, oa oor die omslag. In Julie vanjaar verskyn Langverlof. Daar het al van my kortverhale in tydskrifte verskyn. Nege van my kinderverse is opgeneem in die Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers, wat volgende jaar deur Tafelberg uitgegee word. Ek het BAIE laat begin. Ek was 61 toe Oop Kaarte gepubliseer is, maar wie sê daar is nie lewe na aftrede nie?

__________________
Annemari
superstar - founder
993 posts

Ek kry sulke lekker rillings langs my ruggraat af as ek hierdie lees. Viva aftree, viva! Verbeel ek my of was onse Kadys ook nie vandag se kind toe haar debuut gepubliseer is nie?

Jou kleinkinders is seker ongelooflik tots op hierdie ouma wat so uithaal en wys?

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
118 posts

Afgesien van "dankie, Trisa!" kan ek nie aan iets pittigs dink om te antwoord nie, maar hier is vir jou 'n papaja.

__________________
Annemari
superstar - member
291 posts

Ek het Viersprong gelees en was baie trots om te kon sê ek ken een van die outeurs persoonlik. Nou 'ken' ek die ander al indirek van hierdie forum af. Ek sal die ouderdom waarop my debuutbundel verskyn het, op die gepaste plek sê!

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - member
291 posts

Maar, wat ek eintlik wou sê (hoe verklap ek nou my bejaardheid) is dat ek baie daarna uitsien Poljonsie,is om beide jou boeke te lees. Oop Kaarte het reeds op my bedtafeltjie gelê en wag terwyl ek nog met 'n ander boek besig was. Maar toe JouKind kom kuier, word dit weggeraap. Maar toemaar, dis nie ver nie, ek kry dit net weer.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
regular - member
121 posts

Pittig ... Poljonsie :) Toe wil ek eers pittig google en kom hierop af ...

Sorry but the lyrics to Kruidig Pittig Feat As Jj Shaa Opgezwolle are missing. If you are familiar with Kruidig Pittig Feat As Jj Shaa Opgezwolle lyrics please submit it to us. While you wait for your Kruidig Pittig Feat As Jj Shaa Opgezwolle lyrics please visit the lyrics below which might interest you.

Ek is SEKER daar MOET 'n wonderlike storie hier erens wees ...

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
198 posts

Annemari jy is nie die enigste wat na 60 en na aftrede eers begin skryf het nie. Een van ons grotes, Boerneef het ook sy eerste werk op 60 gepubliseer - so daar is hoop vir die res van ons.

Aan die anderkant, ek glo as jy eers later in die lewe publiseer, jy meer wysheid en insig het van die lewe en dat jy dan soveel meer kan gee as wat jy op 20-30 kon doen

superstar - member
291 posts

Opgezwolle! Wat is dit tog gek?

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
Page 1
posts 1–8 of 8

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now