Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
219 views

Jy bly my kind

Page 1
posts 1–9 of 9
superstar - member
291 posts

Jy bly my kind, ‘n debuutbundel wat in 2005 gepubliseer is, is my bydrae tot die rakke van die boekwinkels. Dit handel oor my en tot ‘n sekere mate ook my man se, aanvaarding van ons gay dogter. Die bedoeling was om ondersteunend te wees vir ander ouers en ook kinders, soos ons. Ek het baie briewe van gay mense en hulle ouers ontvang na die skryf van die boek.
Ek beywer my self vir die bou van brûe tussen die twee wêrelde van hetero en homoseksueel deur op verskillende plekke en geleenthede motiveringspraatjies hieroor te lewer. Omdat ek van mening is dat rolmodelle net so geweldig belangrik vir gay mense is as vir ander, het ek ‘n artikel oor rolmodelle geskryf. Dit handel oor Dr Jean du Plessis (Sielkundige) en sy lewensmaat van 27 jaar, Danie Smit. Die artikel gaan in die volgende uitgawe van Gay Pages verskyn. Daar gaan ook in die September uitgawe van die tydskrif Wrapped ‘n artikel wat ek geskryf het, verskyn. Ek het baie stories wat gay mense met my gedeel het, om te vertel. Ek is besig met nog ‘n artikel oor ‘n gay man wat 12 jaar gelede ‘n vyf jarige seuntjie, as enkelouer, aangeneem het. Dis ‘n wonderlike verhaal van ‘n baie dapper man wat ‘n stukkende seuntjie help heel word het. Dit wil ek graag in ‘n hoofstroom tydskrif gepubliseer kry. Die bedoeling is om vir mense te wys dat gay mense nie noodwendig promisku is nie.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - founder
993 posts

Mag ek byvoeg dat hierdie boek ook wyd gekoop en gelees word deur heteroseksuele mense? En dat Kadys baie beskeie is in hierdie skrywe, oor haar bydrae om mense te help met die aanvaarding van hulleself, en/of gay kinders. Ek het al 'n puntjie van die ysberg van die terugvoer gelees wat sy gekry het, en dan is daar die ewige rimpeleffek van enige gebeure, waar ons nooit sal weet wat die effek van iets is nie.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
291 posts

Baie dankie, Maankind. Dit bly lekker om sulke mooi woorde te hoor.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - member
291 posts

Ek was pas 62 toe my debuutbundel verskyn het. Moenie moeite doen om uit te werk nie, ek word Oktober 65 jaar oud. Weet julle wat is wonderlik daarvan? Dan tree 'n hele paar belasting-verligtings in! Soos bv. die ouderdomskorting. Altyd, altyd het mens iets om voor dankbaar te wees.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - founder
993 posts

Hierdie boek het beslis baie lewens aangeraak in die paar jaar. Lidia het ook bekend geraak in haar persoonlike hoedanigheid, nie net as skrywer nie, maar ook as mens met 'n hart vir al die gay mense.

RSG het haar en haar dogter Liesl genooi om 4 Februarie van 21:00 - 22:00 aan 'n geselsprogram deel te neem - Verhoudings met Grense. Die program word aangebied deur Suzaan Steyn. Hierdie een gaan oor dieverhouding tussen gay mense en hulle gesinslede, vanuit verskillendehoeke.

Om Jy bly my kind van Lidia Theron te bestel, kliek hier.

Onthou dat jy ook aanlyn kan luister op RSG se webwerf.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
15 posts

Ek het op 'n plaas groot geword.  My maat in Suid Wes.  Ons is baie jare saam.  Ons is baie jare gelukkig.  Ons weet van bokskiet, wors maak, skaapslag en tjoppie braai.  Ons huis is 'n gewilde bymekaarkomplek vir vriende en familie en bure (algar die sonder titels).  Is net my orientasie wat gay is.  My menswees is net so deel van hierdie samelewing.  Ek dra by vir die beter lewe, net soos almal.  En so af en toe skryf ek ook 'n storie (op litnet is een - Grens toe).  En dis lekker vir my om grensloos te lewe. 

superstar - member
291 posts

Ek is bly om van jou te hoor, cerneels. Jy klink na my soort mens. Dis vir julle wat ek heeldag, aldag probeer brûe bou. As mense net kan verstaan.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - member
291 posts

Terloops, cerneels, het jy al by die blog vuurkairos aangesluit. Die blog is nog in sy kinderskoene, maar ek dink dit gaan mooi groot word.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - founder
993 posts

Onthou om vanaand 9 uur na Lidia te luister op RSG

Verhoudings met grense
Woensdag, 4 Maart 2009
RSG - 21:00-22:00
Aanbieder - Suzaan Steyn


Een van die grootste skokke vir enige ouer is om te hoor jou kind is gay. Ouers vertel van die emosies wat hulle ervaar en die worsteling wat baie moes deurmaak om die nuus te verwerk. ‘n Kundige het ook raad vir ouers oor hoe om dit te hanteer en daar word gekyk na die godsdienstige aspek.

GASTE:

Dr. Eddie Wolff - Kliniese sielkundige van Johannesburg

Lidia Theron - Skrywer van die boek JY BLY MY KIND oor haar worsteling om haar gay dogter te aanvaar (uitgegee deur Hemel en See Uitgewers)

Ds. Cassie Carstens - NG-predikant en pa van 'n gay kind

Dr. Jean du Plessis- Kliniese sielkundige, self gay en betrokke by 'n taakspan van die algemene sinode van die NG-Kerk oor homoseksualiteit. Skrywer van die boek OOR GAY WEES, deur Tafelberg uitgegee

Pieter Oberholzer - Inclusive and Affirming Ministries, 'n ondersteunings groep op Stellenbosch vir ouers van gay kinders

(Onthou jy kan ook aanlyn luister op www.rsg.co.za)
--------------------

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–9 of 9

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now