Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
42 views

Viersprong

Page 1
posts 1–4 of 4
superstar - founder
993 posts

Viersprong is 'n kortverhaalbundel deur vier 'Ongewone Engele', Anel Heydenrych, Annemari Coetser, Nadia de Kock en Trisa Hugo (saamgestel deur Nadia de Kock) waarvan drie van ons lede van Boekemakranka is.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - founder
993 posts
Resensies van Viersprong:

Mariana Loots in Die Burger
Fanie Olivier in Beeld
Bekendstelling
Meer foto's van Bekendstelling
Robert Laing in Mail & Guardian
Foto's op LitNet
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Hier is 'n Viersprong resensie wat in Die Burger verskyn het. (Was juis gister vrouedag).

Dié bundel se vrouehart klop koesterend warm
Mariana Loots 30/04/2007 03:50:58 PM - (SA)

VIERSPRONG - DIE ONGEWONE ENGELE, saamgestel deur Nadia de Kock. Sewe Kleure Boeke, 2006. (Sagteband, 237 bladsye, ISBN 0 958 51131 4.)

In die voorwoord van dié gesellige bundel skryf die samesteller dit moes “ ’n
bundel vol lekkerlees-verhale .. . vir vroue soos ons” wees. Wel gedaan! Annemari Coetser, Nadia de Kock, Anel Heydenrych en Trisa Hugo kwyt hulle uitstekend van hul taak. Viersprong is ’n lewendige kortverhaalbundel waarin die leser meegevoel kry met die skrywers, die karakters én haarself. Dit is verhale deur vroue, vir vroue. Ook die omslag is deur ’n vrou – ’n afdruk van ’n skildery deur Susan Coetzer.

Die verhale is in vier kategorieë verdeel. “Om Ver te Vlieg”, die eerste afdeling, bevat ’n handjievol verhale oor die emosionele reis wat met ’n fisie¬ke reis gepaardgaan. Reeds met die eerste verhaal word die aandag gevang: ’n Vrou is in die Ooste as ’n Engels-onderwyser. Verfrissend aan dié wedervaring is die realistiese einde. Die volgende verhaal, “Waterskeiding”, is ’n wonderlik bemagtigende storie oor ’n ouerige vrou wat besluit om haar droom na te volg. Die pad is nie altyd maklik nie, maar haar innerlike krag oorwin uiteindelik.

In die volgende afdeling, getitel “Die Liefde se Vele Gesigte”, staan die skattige verhaaltjie “Die Bus na Hart-se-loop” beslis uit. ’n Lewenslustige vrou van 70 jaar besluit om in ’n soekhoekie vir eensames presies te sê wat sy wil hê. Haar dorp gons natuurlik behoorlik toe die kandidate met hul “lekkende wasters, krom krane en vroegspoeg-probleme” naweek ná naweek kom kuier. Dis ’n wonderlike verhaal wat jou onwillekeurig met ’n glimlag in jou hart los. Maar hierdie afdeling het ook ’n donker sy. Veral in “Skryf my Storie” kom die ongenaakbaarheid van die liefde, die lewe en die ouderdom sterk na vore.
Wat veral wonderlik is van die bundel, is die feit dat die skrywers nie doekies omdraai met kontemporêre kwessies nie. In “Omdraai” is ’n lesbiese liefdeservaring ’n keerpunt in ’n ma se lewe nadat sy lank gebuk gegaan het onder leë-nessindroom.

In die eerste verhaal in die volgende afdeling, “Die lewe Gebeur”, kry die leser ’n smakie van wat in party kuberkletskamers (oftewel kuber-kafoefel-kamers) aangaan. In hierdie afdeling is daar ’n paar verhale wat uitstaan. In “Skietsie” probeer ’n terapeut haar skisofreniese pasiënte help deur vir hulle ’n troeteldier te bekom. Aanvanklik lyk dit asof alles wel is, maar niemand hou rekening met wat in die oppasser se gedagtes aan die gang is nie.

“Ken die Motief”, hierteenoor, bevat ’n goeie skeut gedagtegang. ’n Vrou vermoor haar halsstarrige man enkele minute voordat haar seun, ’n speurder, kom besoek aflê. Dié sien egter onmiddellik deur haar storie, maar besluit om haar by te staan - sonder om te besef die noodlot seëvier altyd.

“Ek Wou nog” is ’n komiese vertelling van ’n paar jong manne wat planne het om ’n aandjie saam met ’n prostituut deur te bring. Hul aand verloop nie presies soos hulle beplan het nie, maar van die manne is eerder verlig as teleurgestel!

“Dis hoe die Lig Inkom” is myns insiens die treffendste van al die verhale. Davey bring die meeste van sy dae in ’n kuierplek deur, maar die dag toe daar ’n kind in die kroeg is, weet hy daar gaan iets slegs gebeur. Die verhaal is uitstekend gekonstrueer en die einde tref jou tussen die oë.

Die laaste afdeling, “Stories oor Kleinwees”, handel inderdaad oor die eerste paar dekades van die mens se lewe. Viersprong eindig op ’n hoogtepunt met die verhaal “My Pa se Blokkiesbaadjie”. Die hoofkarakter keer terug uit die buiteland vir haar pa se begrafnis, maar moet dan ook die ver¬nederings uit haar tienerjare konfronteer.

Dié bundel se vrouehart klop koesterend warm, al is daar hier en daar ’n taalkundige haakplek.
•Mariana Loots is subredakteur by ’n Kaapse dagblad.

regular - member
121 posts

Tsk. Ek sien Trisa het 'n link ingesit, toe kom ek en plak die resensie weer in. Jammer!

Page 1
posts 1–4 of 4

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now