Waterval, ek is seker Annelise en Abrham sal vir jou hier goeie raad kan gee, Annelise het Maanvrug en Weerloos self uitgegee. Abrham het Willemien word groot ook self uitgegee, maar mense het darem al van hom geweet as skrywer, na Heita Kiewietan.
As jy die guts gehad het om 'n boek te skryf en te laat druk, dan móét jy die boek onder mense se aandag bring. Scan sommer nóú die voorblad in, en gaan sit dit onder die afdeling Haal Uit en Wys. Dit is al stap 1. Wat van 'n uittreksel uit die boek daarby?
Ek weet nie waar jy woon nie, maar boekwinkels doen deesdae al hoe meer moeite om boeke in die winkel bekend te stel. In die Kollonade is bv altyd Graffitti se Boek en Koek. Hulle doen flink sake terwyl daar 'n gedoe is, so dis wen-wen. Kontak die boekwinkels in jou omgewing. Hulle help dan sommer ook met bemarking.
Die internet is daar vir jou - gebruik dit! Facebook ook.
(Dis nog 'n geheim dat Cloë en Zoë lees, en dus is ek ook nog nie veronderstel om te weet van die mooi voorblad nie... En van die tema waaroor nog nie juis voorheen geskryf is nie)
Hou hierdie spasie dop!
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain)
Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027