Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
192 views

Haal Uit en Wys

Page 1 · 2
posts 1–20 of 26 newer >
superstar - founder
991 posts
Haal Uit en Wys! Lede word word versoek, mooi gevra en gesmeek (en sal geboelie word!) om te wys waaraan hulle hulle energie in die verlede spandeer het. Kom wys jou boek, jou verhaal, 'n resensie, 'n skakel, 'n foto - kortom enige iets te doen met jou skrywery waarop jy trots is.

Mag dit ook as aansporing dien vir elke enkele persoon wat hier lees, of jy nou al 30 boeke geskryf het, of net 'n paar sinne in jou kop het.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Ek sal begin uithaal en wys. My eerste boek is in 1992 gepubliseer. Ek was toe 44. 'n Mens hoef nie te wag totdat jy 44 is nie :) Ek wou altyd, maar was seker ek sou dit nie regkry nie ... Nou nog, is ek nie seker of ek dit weer gaan regkry nie ...

Ek is baie trots hierop: http://ibbysa.org.za.dedi1110.nur4.host-h.net/ibbysa.php?pid=17&PHPSESSID=d49c7c9340a8b7f6c960f8d4560e9038

Dis die skakel na IBBY (International Books for Young People se SA tak) se lys van 100 boeke wat hulle beskou as verteenwoordigend van boeke in SA en wat steeds in druk is. Die lys is alfabeties gerangskik volgens die skrywers se vanne. Daar is 5 van my boeke op. Drie prenteboeke en 2 boeke vir tieners. Almal van hulle het ook pryse gewen. Dis vir my 'n dankbaarheid om te weet ek kon dit gedoen het en tegelyk 'n uitdaging om nuwe projekte en boeke aan te pak. Op die oomblik sit ek met klomp halwe boeke en projekte. Daarom is ek skaars hier, want my kop dwarrel in alle windrigtings gelyk. Maar, ek begin graag hierdie lys van lede om te së dat ek in 1991 nie kon glo dat ek dit dalk gaan regkry om 'n boek gepubliseer te kry nie. Ek leer baie deur hier te lees wat ander skryf - opinies is altyd waardevol. En my wens is dat drome hier kan begin werklikheid word - of groter werklikheid word - soms op ander maniere as wat 'n mens ooit gedroom het. Vir almal van ons.

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Baie geluk, Martie! Dis 'n wonderlike prestasie!

superstar - founder
991 posts

Martie, jy is vir my 'n ongelooflike inspirasie, meer as wat jy mag besef.

Kyk net die trotse draer van een van Martie se karakters - "Ek is 'n Babalela". (Hierdie foto is terloops 'n paar jaar gelede in my kombuis geneem toe ek nog glad nie vir Martie geken het nie!)

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
118 posts

Jy kan met reg trots wees op jou prestasies, Martie! Dankie vir jou aansporing en inspirasie.

__________________
Annemari
regular - member
121 posts

Ek het saam met Maankind en Poljonsie aan Viersprong gewerk (ek dink Viersprong is onder Algemeen gewys.)

Ek het al heelwat kortverhale gepubliseer (rooi rose en Huisgenoot) en twee reis-artikels in Mooiloop. Het ook tweede gekom in Tafelberg se Liefde is vir
Ewig kompetisie. Die boek se naam is Sabina's - en ek het gedink ek is heeltemal te sinies vir die liefde! Wys jou nou net.

Ek het twee links vir Sabina's:
http://www.kalahari.net/books/Sabinas/632/33057524.aspx
http://graffitibooks.co.za/BoekInformasie.php?book_id=936&show_multiple=no

regular - member
121 posts

Dankie! Ek dink hierdie hofie van Trisa is 'n goeie plan - weet nie van julle nie - maar dis meestal BAIE maklik om te dink aan alles wat verkeerd geloop het of wat ek beslis NIE kan doen nie, as om positief te dink aan al die cool goed wat 'n mens wel kon regkry. En dit lyk asof baie mense op hierdie webwerf baie besig en ondernemend was. Lekker, lekker stories!

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
superstar - founder
991 posts

Viersprong is by die kategorie Haal uit en Wys gelys. Ek wil vreeslik mooi vra dat julle almal die Vrugte van julle arbeid onder 'n nuwe onderwerp gaan sit, by die kategorie Haal uit en Wys, pleks van almal saamgebondel hier.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
novice - member
25 posts
Maankind, hoort hierdie kategorie nie eerder op Pennestreke nie? Boekemakranka is mos die leeskring en Pennestreke die skryfkring.
__________________
Art is the only thing that can go on mattering after it has stopped hurting - Elizabeth Bowen (1899-1973)
superstar - founder
991 posts

Ek het nogal gewik en geweeg tussen die twee forums Marinda, en my intuïsie het gesê Boekemakranka is die beter opsie. Daar is so 'n dun lyn tussen die twee, en ek was ook bang dat dit voornemende skrywers op Pennestreke afskrik. Almal is nie lede van albei forums nie. Hoe lyk dit, wil jy ook Uithaal en Wys?

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
223 posts

hierdie uithaal en wys tussen die herfsblare is kostelik, eintlik ougat. trisa, ek dink egter jy moet net die woorde bietjie verander - " weghaal en wys!" ons is mos nie skaam vir ons "goods" nie?

superstar - founder
991 posts

Toe-toe-toe Abrham, hou op slimpraatjies maak en Haal UIT en WYS.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Ek het nog iets om uit te haal en te wys. Een van my kortverhale in Viersprong (oor die Sharpeville Six en die tronk) is nou die aand as 'n radiodrama op SAFM uitgesaai. Ek is NOU nog nie betaal vir die kopiereg nie. Niemand het eers met my in aanraking gekom nie. As ek tyd gehad het, sou ek geprosedeer het.

superstar - member
291 posts

Jy gaan dit sekerlik ook nie net sommer daar laat nie!

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - member
291 posts

Nietemin, baie geluk, Nadia.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
regular - member
121 posts

Dankie. Ek gaan dit daar laat. Ek het nie die tyd of energie of geld om 'n korporasie soos die burokratiese SABC te takel nie.

novice - member
38 posts

Kom in aanraking met DALRO: hulle beskerm kopiereg in SA, en hierdie is flagrante skending van kopiereg. Die maklikste sal wees om aan die uitgewer van VIERSRPONG te skryf: hul hoort dit namens jou te hanteer. Een email! Of een oproep! Jy kan dit tog nie net daar los nie...

Laat weet wat gebeur.

regular - member
121 posts

Ek het verlede week met die uitgewer gepraat (ons het egter 'n bietjie van 'n persoonlike geskiedenis wat inmeng in die pratery). Maar, ek sal by my vriendin, wat iemand (Willie?) by DALRO ken, die persoon se nommer kry en hom skakel. Dankie, ek sal laat weet. Ek is nou sommer van vooraf op my perdjie.

superstar - member
291 posts

Dis reg so Nadia. Mens kan nie so dat daar met jou kalwers geploeg word sonder jou toestemming nie.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
regular - member
121 posts

Wim iemand is/was by Dalro. Ek kan nou nie sy van onthou nie. Nice en behulpsaam. Jy moet beslis iets doen. Staan daar nie iets in jou kontrak as die storie in ander media gebruik word nie?

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
Page 1 · 2
posts 1–20 of 26 newer >

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now