Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
54 views

BSV maak pryse bekend

Page 1
posts 1–1 of 1
superstar - founder
993 posts
Die bestuur van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) het die uitslae van sy jaarlikse landwye skryfwedstryd, Skrywers 2008, bekend gemaak. Die wedstryd is deur Volksblad geborg en met steun van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) geadministreer. Altesaam R10 000 se pryse is vanjaar uitgeloof en vier wisseltrofeë vir skole was op die spel. Deelnemers kon opstelle, sketse, kortverhale, kortkortverhale en gedigte oor voorgeskrewe onderwerpe indien.

Vanjaar is 755 inskrywings uit alle dele van die land vir beoordeling voorgelê. Weer eens is bewys dat die gevestigde wedstryd ’n baie belangrike bydrae lewer ter bevordering van Afrikaans, om belangstelling in skryfwerk te stimuleer en sluimerende skryftalent te laat ontwikkel. Die wedstryd is tien jaar eers net in die Vrystaat aangebied en daarna, sedert 1989, landwyd. Dit het gegroei tot die grootste skryfwedstryd in sy soort in die land. ’n Hele paar inskrywings is uit die buiteland ontvang en daar was vanjaar weer belangstelling uit nie-Afrikaanssprekende geledere.

Al die bekroonde inskrywings sal in Inkvars 2008 gebundel word. Die bundel sal op 16 Augustus 2008 uitgereik word, wanneer die pryse op die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers by die Noorderbloem-aftreeoord in Bloemfontein oorhandig word. Die skrywer Annelie Botes sal die slypskool lei.

Inkvars 2008 kan teen R60 per eksemplaar (plus R5 vir posgeld) van die voorsitter van die BSV, me. Lalien Cilliers, bestel word by 051-436-2629 (na-ure). Wenners van Skrywers 2008 is:

JUNIOR AFDELING (gr. 8 en 9)
# 1ste (R700): Linki Scholtz, gr. 8, C & N Sekondêre Meisieskool Oranje, Bfn

SENIOR AFDELING (gr. 10 – 12)
# 1ste (R1 000): Mari van Deventer, gr. 11, Hoërskool Langenhoven, Riversdal
# 2de (R550): Janneke Gerber, gr. 10, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
# 3de (R350): Adriaan Odendaal, gr. 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville
# Eervol vermeld: Mari van Deventer, gr. 11, Hoërskool Langenhoven, Riversdal en Alida Nel, gr. 11, Hoërskool Durbanville, Durbanville
# Aanmoedigingsprys vir nie-Afrikaanssprekende (R250): Siobhán Rickerts, gr. 12 (Engelssprekend), Hoërskool De Kuilen, Kuilsriver

OPE AFDELING A (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie)
# 1ste (R1 100): Antoinette Diedericks, Montagu
# 2de (R650): Ansie Botha, Christiana
# 3de (R450): Riaan Raath, Senekal
# Eervol vermeld: Gertruida du Buisson, Bfn, en Jacolet van den Berg, Weltevredenpark

OPE AFDELING B (Voorheen gepubliseer teen vergoeding)
# 1ste (R1 100): Elsa Engelbrecht, Bergbron
# 2de(R400): Magda van der Merwe, Klerksdorp,
# Eervol vermeld: Elsa Engelbrecht, Bergbron, en Eben Germishuys, Magalieskruin

OPE AFDELING C (Poësie)
# 1ste (R1 100): Magda van der Merwe, Klerksdorp
# 2de (R650): Dave Lubbe, Bfn
# 3de (R450): Hesté van Huyssteen, Bellville
# Eervol vermeld: Stef Cilliers, Bfn, en Magda van der Merwe, Klerksdorp

TROFEË
# HAUM-Literêr-trofee vir skool van wenner in Junior Afdeling: C & N Sekondêre Meisieskool Oranje, Bfn
# Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in Senior Afdeling: Hoërskool Langenhoven, Riversdal
# Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Hoërskool Langenhoven, Riversdal
# Vrystaat-wisseltrofee vir skool met meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now