Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
14 views

The Dreamfighter - Ted Hughes

Page 1
posts 1–1 of 1
regular - member
148 posts
Eerstens vir al die mense in Pretoria - die Fascination Books in Atterbury Value Mart het net uitverkoping boeke. Ek was nou al 'n paar keer daar maar het dit onlangs eers agtergekom! Ek dink dis omdat ek die winkel spesifiek gebruik vir kinderboek geskenke maar kan nie eintlik glo dat ek al die stickers op boeke misgekyk het nie.

Ek het daar The Dreamfighter and other creation tales raakgeloop en vir my eie kinders gekoop. Dis ons huidige voorlees boek en deur Ted Hughes geskryf, glo vir sy eie kinders, en is eintlik drie boeke in een. Elke boek is aanbeveel vir 'n ander ouderdomsgroep maar sover geniet ons nog almal (my seuns is 7 en 8). Die stories is die prefekte lengte vir bedtyd, is pragtig geskryf en is baie lekker om voor te lees. Ons gunsteling sover is How the Whale Became. Dis die storie van Whale-Wort wat in God se tuin begin groei het. Ek het lanklaas 'n storie gelees wat so bekoorlik is.

Ek dink volwassenes sal dit ook geniet want dis vol kinkels maar ek wil tog waarsku ook. Dis nie vir iemand met 'n konserwatiewe geloofsbeskouing nie.


Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now